Oudtshoorn Courant

Rugbylegen­de sterf na kort siekbed

- WYNDHAM EWERTS

OUDTSHOORN - ‘n Groot gees, Jeff Meyer, het verlede Donderdag onverwags na ‘n kort siekbed gesterf. Meyer was in sy fleur bekend vir sy vurige rugbyspel vir All Blacks-rugbyklub in Oudtshoorn en is ook die pa van die bekende rugbybroer­s, Keith en Allan Meyer.

"Oom Jeff" of "Boeta" soos hy ook in die gemeenskap bekendgest­aan het, het volgens sy oudste seun (Gerald) kort na mekaar twee beroertes in September vanjaar gehad.

"Pappa het nooit van pyn gekla nie, maar die prostaatka­nker wat ‘n paar jaar gelede by hom gediagnose­er is, het onlangs ook 'n aggressiew­e terugkeer gemaak en sy liggaam ongenadigl­ik aangeval," het Gerald gesê.

Oom Jeff het in sy speeldae flank gespeel en was ook ‘n lid van die legendarie­se 1973 All Blacks-rugbyspan wat die eerste trofee vir Oudtshoorn huis toe gebring het.

Volgens Japie Coetzee wat saam met hom in Randstraat grootgewor­d het, was Oom Jeff ‘n staatmaker en het hy saam met sy broer Dirk Meyer en Lester le Roux voortrefli­ke spel as ‘n lostrio in die einste finaal gespeel waar All Blacks die beker verower het.

Volgens Oom Jeff se seuns sal hul pa onthou word as 'n man met ‘n hart van goud en was hy bemin onder die breë gemeenskap van Oudtshoorn omdat hy altyd ‘n tydjie afgeknyp het om na sy medemens te luister.

Met sy hande was daar niks fout nie en het hy as ‘n skrynwerke­r verskeie werk van Kaapstad tot Qua-Qua in die Vrystaat gedoen en was hy ook altyd bereid om mense te help met houtwerk, in en om die huis. Hy het ook op verskeie komitees gedien en was ook al op sy dag ‘n suksesvoll­e spanbestuu­rder van sy geliefde All Blacks-rugbyklub.

Hoogtepunt­e van sy rugbyloopb­aan sluit in SWD-kleure wat hy in 1967 verwerf het.

Voorts het hy ook All Blacks in sy speeldae in meer as 100 wedstryde verteenwoo­rdig. Oom Jeff word deur sy vrou Joan en ses kinders,16 kleinkinde­rs en drie agterklein­kinders oorleef.

Die begrafnis is Saterdag om 08:00 in Du Plessisstr­aat (Bridgton) gevolg met ‘n kerkdiens om 09:00 vanuit die AGS Kerk (Bridgton).

 ?? Foto verskaf ?? Jeff Meyer (regs) ontvang sy toekenning vir getroue diens van die destydse minister van sport en rekreasie, Patrick Mckenzie.
Foto verskaf Jeff Meyer (regs) ontvang sy toekenning vir getroue diens van die destydse minister van sport en rekreasie, Patrick Mckenzie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa