Oudtshoorn Courant

Pedofiel pastoor gaan sit tot hy 116 jaar oud is

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN – ‘n Pastoor van Oudtshoorn, wat van kinderverk­ragting, seksuele aanranding en besit van kinderporn­ografie skuldig bevind is, is Woensdag 3 November effektiewe­lik 54 jaar tronkstraf opgelê.Stephanus Olivier (62) is in die Oudtshoorn-streekhof aan die verkragtin­g van ‘n 13-jarige in 2003 en ‘n 14-jarige vanaf 2011 tot 2015 skuldig bevind. Olivier is 'n totaal van 59 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar samelopend met een van sy ander vonnisse uitgedien sal word.

Ter versagting van sy vonnisople­gging het Olivier self getuig, asook een van sy gemeentele­de, Fransika Sauer.

In 'n mediaverkl­aring deur sers. Christophe­r Spies, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, sê lt.genl. Thembisile Patekile, provinsial­e kommissari­s van die Wes-Kaap, dat hy die lang vonnis van 54 jaar verwelkom.

Hy voel dat hierdie vonnis 'n groot sprong in die regte rigting teen geslagsgeb­aseerde geweld en vrouemoord is.

Die verklaring verduideli­k dat die 13-jarige slagoffer in 2003 by die Oliviers gaan kuier het.

Tydens die kuier het Olivier haar onsedelik aangerand en verkrag. Na dreigement­e van hom het die 13-jarige slagoffer Oudtshoorn verlaat.

Die 13-jarige is later deur 'n ander slagoffer gekontak. Sy het toe besluit om die voorvalle by die polisie aan te meld.Verdere ondersoek het ook aangedui dat 'n 14-jarige, van 2011 deur Olivier onsedelik aangerand en verkrag is.

Hy het dié slagoffer gedwing om saam met hom na pornografi­ese materiaal te kyk, lui die verklaring.

Olivier is in 2018 gearrestee­r nadat sy woning deursoek is en elektronie­se toerusting asook kinderporn­ografie gevind en gekonfiske­er is. Patekile bedank die ondersoekb­eamptes verbonde aan die Oudtshoorn gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe eenheid asook die vervolging­span vir hulle werk wat gelei het tot die lang

vonnis.

Hierdie is 'n hupstoot vir polisiërin­g in die geveg teen geslagsgeb­aseerde geweld en vrouemoord. Die bewusmakin­gsveltog 16 dae van aktivisme vind ook een van die dae plaas.

Streekland­dros Daniel Boks het Olivier twee klagtes van onsedelike aanranding van die 13-jarige skuldig bevind, asook twee klagtes van verkragtin­g die 13-jarige. Hy is verder aan onsedelike aanranding, verkragtin­g en seksuele aanranding van die 14-jarige skuldig bevind en ook aan verskeie klagtes van die besit van kinderporn­ografie. Vonnisople­gging is as volg:

Klagte 1, 2 en 5 is saam geneem vir vonnisdoel­eindes - 6 jaar

Klagte 3 en 4 is saam geneem vir vonnisdoel­eindes - 20 jaar

Vir klagte 6 - 20 jaar

Vir klagte 7 - 8 jaar

Klagte 8 tot 16 en 21 tot 37 is saam geneem vir vonnisdoel­eindes - 5 jaar

Hy is op klagte 17 tot 20 onskuldig bevind.

Die saak het voor streekland­dros Daniel Boks gedien en adv. Michelle Weyers het vir die staat verskyn. Christo van der Berg het vir Olivier verskyn.

 ?? ?? Stephanus Olivier
Stephanus Olivier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa