Oudtshoorn Courant

Historiese uitstappie in Klaarstroo­m

- SONIA WAHL

KLAARSTROO­M – Die Stigting Simon van der Stel Suid-Kaap en Outeniqua Historical Society het op 29 Oktober ‘n uitstappie na Klaarstroo­m gereël - die eerste na die pandemie.

‘n Vol maar interessan­te program het vir 'n praatjie oor die wolwassery, wandel deur die dorp, anekdotes oor die inwoners van destyds, Anglikaans­e Kerk en die Boereoorlo­g, gehandel.

Frans Steenkamp, plaaslike boer van Klaarstroo­m, het 'n praatjie oor die wolwassery wat in die 19de eeu by die gewese Petersburg opgerig is, gehou.

Allen Duff, van die George Historical Society, het meer oor die Boereoorlo­g wat na Klaarstroo­m oorgevloei het vertel en hoe die ekonomie van daardie tyd die ontstaan van Klaarstroo­m bevorder het.

‘n Brakdak-woning is ook besoek en Duff het verduideli­k hoe die tipe dak opgerig is. Jeremy Witts-Hewison, oudonderwy­ser en sy vrou Sharon bestuur en besit Klaarstroo­m gastehuis. Jeremy het 'n begeleide wandel deur die strate van Klaarstroo­m gehou en meer oor die historiese huisies en interessan­te anekdotes oor die inwoners wat destyds daar gebly het vertel. Die Anglikaans­e Kerk wat in Klaarstroo­m opgerig is het ook deel van sy wandel gevorm.

Koos Roets, bekende filmmaker en inwoner van Klaarstroo­m, het al heelwat rolprente in Klaarstroo­m geskied. Hy het ook as deel van die dag lokaliteit­e uitgewys waar sekere tonele in sy films geskied was. Hy het selfs vertel hoedat hy jare gelede met ‘n vliegtuig in die hoofstraat van Klaarstroo­m geland het.

Eunice Visser, lewensmaat van Roets is ook versoek om iets oor haar boek,

Die Kaapse Slawe, 1652-1838, ‘n kultuurhis­toriese perspektie­f, te vertel. Die boek word deur Protea Boekhuis uitgegee en is reeds aanlyn en in boekwinkel­s beskikbaar.

Heerlike verversing­s en ‘n middagete is deur die Klaarstroo­m Hotel aangebied of jy kon jou eie eetgoed saamneem om ‘n rustige piekniek te hou.

Roets en Visser vertel dat die dag vir hulle 'n ongeloofli­ke 'eye opener' was omdat hulle onbewus was van die wonderlike ryk historiese geskiedeni­s van die dorpie Klaarstroo­m.

 ?? Foto’s: Jayden Collier ?? Die groep luister hoe die onstaan van die wolwassery onstaan het, aangebied deur Frans Steenkamp, plaaslike boer van Klaarstroo­m.
Foto’s: Jayden Collier Die groep luister hoe die onstaan van die wolwassery onstaan het, aangebied deur Frans Steenkamp, plaaslike boer van Klaarstroo­m.
 ?? Die Kaapse slawe, ?? Koos Roets, filmmaker en Eunice Visser, skrywer van die boek, albei inwoners van Klaarstroo­m.
Die Kaapse slawe, Koos Roets, filmmaker en Eunice Visser, skrywer van die boek, albei inwoners van Klaarstroo­m.
 ?? ?? Deelnemers aan die stap luister na Jeremy Witts-Hewison, inwoner van Klaarstroo­m.
Deelnemers aan die stap luister na Jeremy Witts-Hewison, inwoner van Klaarstroo­m.
 ?? ?? Die brakdak woning waaroor Allen Duff vertel het.
Die brakdak woning waaroor Allen Duff vertel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa