Oudtshoorn Courant

Dié talentvoll­e boorling, Riaan Visman, trap diep spore

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Riaan Visman, boorling van Oudtshoorn, het onlangs 'n bydrae aan die boek Is my queer body not strong enough gelewer. Visman het in 2001 aan Hoërskool Môrester as hoofseun gematrikul­eer.

Hy wen 'n KKNK-beurs en gaan studeer drama aan die Universite­it van Stellenbos­ch waar hy sy graad verwerf. Visman is welbekend onder die Oudtshoorn­gemeenskap en is 'n inspirasie, want hy het nie die weelde van ryk ouers gehad nie.

Hy het hard gewerk op skool en saans by kerslig gesit en leer. Die stofstrate van Bridgton was sy tuiste en armoede het gepaard gegaan met geweldige uitdagings. Hy vertel dat sy ma hom altyd aangemoedi­g het en gesê het dat om hard te leer, jou troefkaart in die lewe is.

Goeie punte beteken 'n beurs en dit beteken dat jy finansieel stabiel kan wees.

Visman was al ondermeer onderwyser, akteur, fasiliteer­der, hoof van verskeie kunste-organisasi­es, dosent en direkteur van twee produksies om maar net 'n paar te noem.

Een van Visman se gedigte, Die Covid-19 soöspoor, an antidote for romance, is saam met 95 inskrywing­s deur 78 persone van regoor Suid-Afrika in die boek saamgevat. Visman se bydrae fokus op die uitdaging wat Covid-19 op sy verhouding gehad het en die uiteindeli­ke beëindigin­g van dié verhouding. Hy vertel dat dit 'n wonderlike en mooi verhouding was waarin hy baie gegroei het as mens en dié ervaringe saam met hom vorentoe kan neem.

Die inskrywing­s in die boek dek

'n wye reeks genres van artikels, persoonlik­e refleksies, gedigte, kortverhal­e, musiek en foto's. Verskeie onderwerpe soos politieke sieninge, anti-LGBTQIA wetgewing in verskeie Afrika-state, uitdaging om 'n LGBTQIA ouer te wees, geestelike welstand en vele meer is aangeraak.

Die boek word saamgevat deur

Layla Cassim - “dit is 'n onwrikbare vernuftige, dapper en intieme blik op queer Afrika-ervaringe.” Die boek word deur Layla Cassin ERS Consultans

CC & RedChord (Pty) Ltd, uitgegee en is beskikbaar in 'n hardekopie en elektronie­s weergawe.

Hierdie talentvoll­e mens verwys na homself as 'n "ou siel" en vertel dat hy nie net queer is nie, hy is meer as dit; hy is 'n broer, 'n vriend, 'n kunstenaar en soveel meer as wat jy sien. Ook is hy 'n samevoegin­g van soveel mense se insae en liefde. "Ek is gevorm uit die gemeenskap," vertel hy trots.

Visman word ook in die onlangse produksie The Woman King wat deur TriStar uitgegee is, gesien, Hy speel teenoor die Academy Award-wenner, Viola Davis. Die rolprent het in September uitgekom. Hy vertolk die rol as Tanonu, die raadgewer en regterhand van King Ghezo.

"Dit was 'n groot eer en voorreg om teenoor Viola Davis te kon speel en ek sal dit nooit vergeet nie, want dit het definitief vir my ongeloofli­k baie geleer."

Ricardo Arendse, skrywer en

draaiboeks­krywer van Oudtshoorn, vertel op sy Facebook-blad dat hy baie beïndruk was met sy vertolking van die rol.

'n Kort voorskou van die rolprent kan op die volgende skakel gesien word,

https://youtu.be/yaYogi3zzR­Y

 ?? King. The Woman ?? Riaan Visser op die stel saam met een van die karakters, Saputla in die rolprent
King. The Woman Riaan Visser op die stel saam met een van die karakters, Saputla in die rolprent
 ?? ?? Die boek, Is my queer body not strong enough?, wat onlangs bekendgest­el is, se voorblad.
Die boek, Is my queer body not strong enough?, wat onlangs bekendgest­el is, se voorblad.
 ?? Foto’s verskaf ?? Riaan Visman, boorling van Oudtshoorn.
Foto’s verskaf Riaan Visman, boorling van Oudtshoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa