Oudtshoorn Courant

Twee mans gevonnis vir voertuigdi­efstal

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - Twee mans van onderskeid­elik 27 en 22 jaar, Patrick Alexander en Duran Donson van Oudtshoorn, wat aan voertuigdi­efstal en diefstal skuldig bevind is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof onderskeid­elik tot vyf en drie jaar gevangenis­straf gevonnis.

Alexander en Donson het skuldig gepleit op die aanklagte dat hulle in die vroeë oggendure van 27 Januarie 2021 ‘n Toyota Tazz op ‘n grasperk naby die Oudtshoorn-gholfbaan gesteel het.

Volgens hulle het hulle die voertuig sien staan waar ‘n groep mense besig was om lekker te kuier.

Die sleutels van die motor was nog in die aansitter, maar hulle kon die motor nie aangeskake­l kry nie. Hulle het dit toe aan die brand gestoot en weggery. Nadat hulle in die woonbuurt rondgery het, het hulle dit in Kanaalweg Bongolethu gelos, die battery uitgehaal en dit gaan verkoop.

Die staatsaank­laer Brandon Smith, het die twee se pleitverdu­idelikings aanvaar en vir direkte gevangenis­straf gevra omdat dit die enigste gepaste vonnis sal wees.

Streekland­dros Sylvia Mandla het met vonnisople­gging gesê voertuigdi­efstal is ‘n ernstige misdryf wat deesdae baie algemeen voorkom.

Die voertuig is erg beskadig teruggekry met die battery wat vir dwelms verkoop is Die hof het die beskuldigd­es se persoonlik­e omstandigh­ede vir vonnis doeleindes in ag geneem.

Alexander wat tans ‘n vonnis van tien maande vir diefstal uitdien, is tot vyf jaar, en Donson, ‘n eerste oortreder, tot drie jaar ingevolge Art 276 (1) (i) gevonnis wat behels dat hulle na die uitdiening van ‘n sesde om parool aansoek kan doen.

Die hof het ook gelas dat Alexander se vonnis nie samelopend met die vonnis wat hy tans uitdien kan loop nie. Albei is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa