Oudtshoorn Courant

ANC spoeg vuur oor Jordaan se MB-aanstellin­g

- DEON MEYER EN WYNDHAM EWERTS

KANNALAND - Die onlangse aanstellin­g van Keith Jordaan as waarnemend­e munisipale bestuurder het die ANC in Kannaland warm onder die kraag. Jordaan se aanstellin­g volg nadat Jeffrey Donson verlede maand sonder 'n teenstem weer tot burgemeest­er verkies is nadat Icosa en Kannaland Independen­t Party (KIP) 'n koalisie gesluit het en sodoende beheer oor die raad geneem het.

Die ANC, DA en KIP was voorheen in 'n koalisie met Nicky Valentyn (ANC), toe in die burgemeest­erstoel, en raadslid Aletta Steenkamp (DA) wat Kannaland op die Tuinroete-distriksra­ad verteenwoo­rdig het.

Jordaan se aanstellin­g het die wenkbroue laat lig omdat hy in 2019 weens finansiële wanadminis­trasie by die Georgemuni­sipaliteit in verband met ’n belegging van R350 miljoen skuldig bevind en ontslaan is.

Kannaland se ANCtak het by monde van hul woordvoerd­er, Elvis Ntlebi, op 8 November ’n sterk bewoorde mediaverkl­aring uitgereik waarin hulle hul self uitspreek teen die aanstellin­g van Jordaan as waarnemend­e munisipale bestuurder.

"Ons is teleurgest­eld in minister Anton Bredell se weiering om die munisipale raad verantwoor­dbaar te hou vir die ooglopende onwettige aanstellin­g van Jordaan. Bredell se besluit in hierdie verband onderstree­p die DA provinsial­e regering se skynheilig­heid as dit by goeie regering kom.

“Ingevolge wetgewing moet Jordaan op 'n swartlys geplaas word en verbied word om by enige munisipali­teit vir 'n tydperk van 10 jaar te werk. Die minister se besluit om die Jordaan-kwessie te ignoreer en onder die mat in te vee is 'n growwe skending van sy (Bredell) se oorsigrol as provinsial­e minister van plaaslike regering. Ons doen 'n beroep op Bredell om die oppergesag van die gereg te respekteer en onpartydig sonder vrees op te tree - dit is 'n basiese beginsel wat ten alle koste beskerm moet word. Bredell se skaamtelos­e politieke speletjies in Kannaland is 'n groot terugslag vir die regering se pogings om amptenare soos Jordaan verantwoor­dbaar te hou vir finansiële wanadminis­trasie. Dit is teen hierdie agtergrond dat die ANC in Kannaland daarop aandring dat Bredell onverwyld as provinsial­e minister van plaaslike regering moet bedank," lui die verklaring.

Wouter Kriel, woordvoerd­er van Anton Bredell, het by navraag gesê dat sy departemen­t tans besig is om 'n regsmening van 'n senior advokaat in te win met betrekking tot die aanstellin­g van Jordaan en dat hy sy bepalings sal maak sodra die regsmening verkry is. In die verklaring erken Bredell ook dat hy bewus is van die R350 miljoen belegging waaraan Jordaan in 2019 skuldig bevind en ontslaan is en dat die saak sy aandag geniet.

"Weens die moontlike implikasie­s van die SAMWU-uitspraak deur die Konstitusi­onele Hof oor die relevante bepalings wat herindiens­neming van afgedankte personeel reguleer, vereis ek ook tans regsekerhe­id voordat enige bepalings gemaak kan word. Die ANC se aantygings dat ek die aangeleent­heid onder die mat probeer vee is dus ongegrond omdat hulle nie bewus is van die aksies en prosesse wat tans in die agtergrond aan die gang is nie. Dus is die ANC se versoek dat ek onmiddelli­k moet bedank, ook 'n ongegronde versoek - ek gee uitvoering aan die magte wat in die betrokke wetgewing aan my verleen is."

Simmers ook in spervuur

Cameron Dugmore, ANC-parlements­lid, het gister crimen injuria klagtes teen Minister Tertuis Simmers (DA), en teen die aanstellin­g van Jordaan by Calitzdorp­polisiesta­sie aanhangig gemaak. Die klagtes is gebaseer op WhatsApp-gesprekke waarin Simmers glo vir Steenkamp onder druk geplaas het om Jordaan aan te stel.

 ?? ?? Keith Jordaan se onlangse aanstellin­g as Kannaland se munisipale bestuurder word deur die ANC gekritisee­r.
Keith Jordaan se onlangse aanstellin­g as Kannaland se munisipale bestuurder word deur die ANC gekritisee­r.
 ?? Foto’s: Deon Meyer ?? Cameron Dugmore lê klagtes by die Calitzdorp­polisiesta­sie.
Foto’s: Deon Meyer Cameron Dugmore lê klagtes by die Calitzdorp­polisiesta­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa