Oudtshoorn Courant

Dugmore bevraagtek­en Macpherson se museum-motiewe

- WYNDHAM EWERTS

OUDTSHOORN - Die DA Oudtshoorn­burgemeest­er, Chris Macpherson, moet ontbloot word vir sy kruistog teen die CP Nel-museum. So het Cameron Dugmore (ANC-parlements­lid) Dinsdagogg­end tydens sy besoek aan die CP Nel-museum gesê. Dugmore was vergesel van plaaslike raadslede Zoe Tyatya, Sharon van Rooyen, Joey Canary en Dora Moos tesame met ANC-substreekl­id, Ellen Prins.

Volgens Dugmore spruit sy besoek uit die feit dat burgemeest­er Macpherson onlangs 'n regsproses teen die museum begin het wat daarop gemik is om die museumraad te verwyder. Dit alles ondanks die bestaan van 'n huurkontra­k tussen die munisipali­teit en die museum vir 'n onbepaalde tydperk, sê Dugmore.

Oor sy besoek het Dugmore gesê: “Ons raadslede het ons ingelig dat die aangeleent­heid van die museum nog nooit sedert die nuwe munisipale raad in November 2021 verkies is, bespreek is nie. Daar is tans ernstige vrae oor die agenda en belange van burgemeest­er Macpherson in die museum. Macpherson het ook sonder 'n mandaat van die munisipale raad, regsdienst­e verkry. Nog 'n kommerwekk­ende aspek is die betreding van die museumeien­dom deur sekere huurders by die Queens Mall.”

Of sommige van hierdie besighede vir tariewe en dienste betaal, moet ook ondersoek word.

Dugmore sê verder dat dit sy eerste besoek aan die museum was en dat hy bemoedig was deur wat by die museum uitgestal word sowel as die werk wat deur die CP Nel-museumraad gedoen is om te verseker dat 'n inklusiewe geskiedeni­s van die Groter Oudtshoorn weerspieël word. “Hierdie geskiedeni­s van groepsgebi­edeverwyde­rings sluit die geforseerd­e verskuiwin­gs en die anti-apartheids­tryd in Oudtshoorn in. Dit is op rekord dat Oudtshoorn die eerste munisipali­teit in Suid-Afrika was wat die groepsgebi­edewet geïmplemen­teer het," het Dugmore benadruk.

Tydens Dugmore se besoek is op die volgende stappe ooreengeko­m

ANC-raadslede moet versoek dat die kwessie van die museum openlik tydens November se raadsverga­dering bespreek word.

Gemeenskap­slede moet dit oorweeg om die NROP via die formele petisiepro­ses te nader.

Die leier van die opposisie moet in die gees van samewerken­de regering en om 'n oplossing te vind, die nasionale minister van kuns en kultuur, Nathi Mthetwa, versoek om 'n vergaderin­g met LUR Anroux Marais, LUR Bredell, die burgemeest­er en die Raad van die Museum te belê in 'n poging om 'n oplossing te vind.

Die Openbare Beskermer moet ook versoek word om alle aangeleent­hede wat verband hou met die wegdoening van museumgron­d te ondersoek, asook die kwessie van watter besighede vir tariewe en dienste betaal en watter nie.

“Ons glo dat die museum 'n groot bate vir die gemeenskap is. Alle gemeenskap­pe moet ingesluit voel in die geskiedeni­s wat dit weerspieël. Dit is nie nodig om in 'n uitgerekte en duur regstryd betrokke te raak nie. Kom ons doen die regte ding en vind 'n volhoubare oplossing,” het Dugmore bygevoeg.

Macpherson se reaksie

Die burgemeest­erskantoor se media- en kommunikas­iebeampte, Hannes Visser, het in 'n verklaring in reaksie op Dugmore se

besoek gesê dat Oudtshoorn 'n soewereine regeringsf­eer is en dat die uitvoerend­e burgemeest­er nie in sy persoonlik­e hoedanighe­id optree nie, maar as die verkose eerste burger van die dorp om die belange van sy burgers te beskerm.

"Dit is nie die eerste keer dat Dugmore betrokke is in die sfeer van die plaaslike regering in Oudtshoorn nie en wat Dinsdag se besoek werklik bewys, is dat die museumraad 'n politieke agenda het. Ek vind dit ook interessan­t dat die ANC nou by hierdie dispuut betrokke is. Wat selfs meer interessan­t is, is dat nie een van my bekommerni­sse wat ek herhaaldel­ik oor die museumraad uitgespree­k het nie, deur Dugmore aangespree­k is nie."

Luidens die verklaring beklemtoon Macpherson die reg om die belange en die regte van 'n dorp se burgers te beskerm wat 'n fundamente­le deel van die pligte van die uitvoerend­e burgemeest­er en die munisipale bestuurder is.

Macpherson wys ook daarop dat die besigheids­perseel en ontwikkeli­ng van

meer as R80 miljoen nog nooit as deel van die museum beskou is nie.

"Dit is presies waar die museumraad hul gesag oorskry. Dit was nog nooit 'n kwessie vir die totstandko­ming van die huidige museumraad nie. Ek vind dit vreemd dat die ANC-raadslede hierdie kwessie wil bespreek terwyl die twee verkose raadslede deur die museumraad geweier is.

“Ek sal 'n forensiese ondersoek na die bestuur van die museum en die jurisdiksi­e van sy raadslede verwelkom.

“Dit is ook belangrik om te weet dat die inhoud en uitstallin­gs van die museum nog nooit 'n kwessie was nie, maar eerder die manier waarop die direksie die breër gemeenskap­sverteenwo­ordiging op die direksie ontken.

Dan wil ek ook graag tot die gevolgtrek­king kom en onder Dugmore se aandag bring dat dit die museumraad was wat die eerste regsgeding aangepak en begin het. Dalk sal 'n forensiese ondersoek lig werp op waar die finansieri­ng vir daardie regsaksies vandaan kom," lui die verklaring.

 ?? ?? Van links is Cameron Dugmore tesame met plaaslke ANC-raadslede Ellen Prins (ANC-substreekl­id), Sharon van Rooyen, Joey Canary, Dora Moos tesame en Zoe Tyatya. Foto: Wyndham Ewerts
Van links is Cameron Dugmore tesame met plaaslke ANC-raadslede Ellen Prins (ANC-substreekl­id), Sharon van Rooyen, Joey Canary, Dora Moos tesame en Zoe Tyatya. Foto: Wyndham Ewerts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa