Oudtshoorn Courant

Verrassing­s wag by KKNK

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Feesganger­s kan volgende jaar uitsien na 'n verlengde Klein Karoo Nasionale Kunstefees en 'n hele klomp verrassing­s.

So het Crispin Sonn, voorsitter van Kunste Onbeperk, verlede week tydens hul algemene jaarvergad­ering gesê.

Volgens hom was die fees merkwaardi­g as daar in ag geneem word dat daar slegs twee maande was waarin die span die fees kon reël.

"Met die Covid-pandemie het ons ekstra lank gewag om goedkeurin­g vir die fees te kry en wanneer mens die tydlyn in ag neem was verlede jaar se fees besonders. Gedurende die KKNK is R65 miljoen in Oudtshoorn self ingestoot."

Volgens Sonn moes hulle noodgedwon­ge die jaar meer op aanlyn fokus, maar, sê hy, gaan volgende jaar se fees nog beter wees.

Die fees is amptelik van 1 tot 9 April en val oor twee naweke.

"Ons gaan weer Baron van Reedestraa­t toe maak soos in die verlede en daar is bietjie skuiwe aan die program sodat ons meer van ons jeugdiges kan beperk," het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat mense die opvoerings veral bygewoon het en was hulle verras deur feesganger­s se aptyt vir samesyn.

Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk, beskou die jaar se KKNK as "'n reusesukse­s". Hy het vertel die sukses van die Karoo Kaarte-projek beklemtoon. Volgens hom het die droom vir die projek reeds in 2019 ontstaan. Dié projek vergestalt die doelwitte wat hulle wil bereik deur die kunste in Oudtshoorn en die streek.

"Nie net het dit 'n geweldige finansiële inspuiting vir die dorp beteken nie, maar het dit ook die kunstenaar­s geraak."

Volgens Theart kan feesganger­s die jaar uitsien na verskeie verrassing­s.

"Ons wil Kaktus op die Vlaktes weer terug bring, waarskynli­k onder 'n nuwe naam en daar sal van 12:00 tot 00:00 feesgevier word. Ons wil ook die jaar meer studente by die fees kry. Vanaf 1 tot 4 April gaan ons 'n jeugfees spesiaal vir hoërskooll­eerders hê. Die WesKaapse departemen­t van onderwys gaan ons help om leerlinge betrokke te kry. Ons wil graag vir minstens 800 leerders werksessie aanbied, na die immergewil­de Kango-grotte toeneem en hulle net aan 'n heel ander kultuurerv­aring blootstel.

Die Huisgenoot-tent kom terug en ons wil ook die feesmark na sy oorspronkl­ike plek terug skuif."

Volgens Theart is die amptelike programbek­endstellin­g op 20 Januarie volgende jaar.

"Ek is ook trots om te kan sê dat ons R9,4 miljoen aan mense in die kunstebedr­yf kon uitbetaal. Dit sluit plaaslike kunstenaar­s in."

Hy het ook die borge, donateurs en vennote vir hul bydrae bedank. Ander datums waarna feesganger­s kan uitsien:

5 Mei - Kannas

4 tot 7 Augustus - 14de Klein Karoo Klassique

28 Augustus tot 1 September Teksmark

 ?? Foto: Liezl Van Niekerk ?? Van links is burgemeest­er Chris Macpherson, Hugo Theart, Garnett Wicomb, Hans van der Veen en Chrispin Sonn.
Foto: Liezl Van Niekerk Van links is burgemeest­er Chris Macpherson, Hugo Theart, Garnett Wicomb, Hans van der Veen en Chrispin Sonn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa