Oudtshoorn Courant

Andries gee leisels oor

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Andries van Schalkwyk, besturende direkteur van Buffelsdri­ftwildrese­rvaat gee na 18 opwindende jare die leisels oor. Hy sal as besturende direkteur aftree, maar sal steeds as direkteur op die raad van die maatskappy aanbly. Van Schalkwyk was vir tien jaar skoolhoof van Laerskool Outeniqua in George voordat hy na Oudtshoorn verhuis het om Buffelsdri­ft-wildreserv­aat op die been te bring.

Bouwerk aan die wildreserv­aat se hoofgebou het op 1 Oktober 2004 begin en was teen 1 Oktober 2005 voltooi. Van Schalkwyk vertel dat hulle 110 plaaslike arbeiders gekry het om die werk aan die indrukwekk­ende hoofgebou, klipmure, tente, paaie ens, te voltooi. "Die man wat ons gekry het om ons klipmure te bou het niks daarvan geweet nie. Hy het na baie bou en afbreek van klipmure hierdie vaardighei­d bemeester."

Andries vertel met trots en dankbaarhe­id dat personeel by Buffelsdri­ft nie weggaan nie, "Ons het 'n rukkie terug 'n funksie vir ons personeel wat tien jaar of langer hier werk gehou. Daar was 60 personeell­ede wat elkeen 'n geskenkie ontvang het. Ons personeel bedank nie, hulle bly by ons."

Baie ervare

Pieter Pretorius, is 'n ervare hand in dié industrie en het die leisels op 1 November by Andries oorgeneem. Hy sal as die nuwe besturende direkteur optree en toesien dat daar op Andries se nalatenska­p voortgebou word.

Andries wil elke Oudtshoorn­iet bedank vir hulle ondersteun­ing die afgelope 18 jaar en dat hulle deel van die avontuur was. Hy gaan vir eers net die rustigheid van aftrede by Boggomsbaa­i saam met sy vrou geniet.

 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Pieter Pretorius, nuwe besturende direkteur van Buffelsdri­ft-wildreserv­aat, (links) en Andries van Schalkwyk.
Foto: Sonia Wahl Pieter Pretorius, nuwe besturende direkteur van Buffelsdri­ft-wildreserv­aat, (links) en Andries van Schalkwyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa