Oudtshoorn Courant

Eerste digbundel uit ‘grondstof’ vir Helena Ewert

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die digbundel, grondstof, is onlangs deur Turksvy Publikasie­s vrygestel. Hierdie digbundel is die samevattin­g van byna 40 jaar se werk deur Helena Ewert, Afrikaanse onderwyser by Langenhove­n Gimnasium op Oudtshoorn. "Dis twee jaar se werk soos die verse nou op die bladsy lyk en elke liewe gedig wat in die bundel oor is staan sy plek vol."

Met grendeltyd het sy aan haar droom om 'n digbundel saam te stel, begin.

"Die temas in die boek is steeds onderwerpe wat my inspireer en raak." Dis al daardie grondstof wat oor 40 jaar versamel is."

Ewert skryf al sedert die ouderdom van 14 jaar en op 15 verskyn een van haar gedigte in die Poort, 'n jaarlikse digbundel wat uitsonderl­ike skrywes van hoërskooll­eerders regoor Suid-Afrika bevat.

Die bundel se naam grondstof en die feit dat dit onderaan die boek en met kleinlette­rs geskryf is, verbeeld die algemene bron waaruit alles ontstaan - stof, "hulle praat van minerale as grondstof, alles bestaan daaruit."

Ewert vertel van haar tyd in Europa en die gemis na stof wat so eie aan Suid-Afrika is. Met 'n uitstappie na 'n wingerd in Frankryk merk sy dat daar stof op haar skoene is en dit bring 'n hartseer en verlange na haar land.

Die kunstige voorblad van haar digbundel is 'n foto wat sy by Lategansvl­ei van aalwynblar­e geneem het. Die foto is deur haar vriendin Hantie, 'n universite­itsvriendi­n verwerk. Hantie en Ewert deel 'n besonderse vriendskap, al sedert hulle universite­itsdae, en al woon Hantie in Nederland, deel hulle graag hierdie dig-passie en put inspirasie van mekaar. Die voorblad is so ontwerp dat dit die landskappe van die Karoo uitbeeld. Dit laat mens dink aan die droë rivierlope en heuwels van hierdie area. "Die voorblad se foto is verwysings wat deurgetrek kan word na my gedigte." Haar inspirasie vind sy meestal uit die natuur, 'n liefde wat haar ouers by haar gekweek het. Interessan­te leesstof en selfs foto's wat sy neem bring 'n nuwe gedig in haar na vore. Haar gedigte vertel sy eie storie en het sy eie moment, "elke gedig lê op die regte plekkie in die bundel - hulle praat saam met die ander gedigte in daardie afdeling op 'n baie spesifieke manier," vertel sy.

Die digbundel kan by Ewert self bestel word. Stuur 'n epos na dhewert@gmail. com

 ?? Helena ?? Die skrywer van grondstof, Ewert. Foto: Esmaré Strauss
Helena Die skrywer van grondstof, Ewert. Foto: Esmaré Strauss

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa