Oudtshoorn Courant

Prostaatka­nker - vroeë opsporing is krities

-

Wêreldwyd word Kansa-internasio­nale dag vir mans op 19 November erken. Hierdie dag erken die positiewe waarde wat mans tot hul families en gemeenskap­pe bydra en skep bewustheid van mans se gesondheid en welstand. Die Kankervere­niging van Suid-Afrika (Kansa) plaas die kollig op die topvyf kankers wat mans in Suid-Afrika affekteer en moedig mans aan om vir gereelde ondersoeke te gaan, nie net tydens November nie, maar dwarsdeur die jaar.

Lorraine Govender, Kansa se nasionale bestuurder, gesondheid­sbevorderi­ng, verduideli­k, “Mans moet proaktief wees wanneer dit by hul gesondheid kom. Kansa moedig maandeliks­e testikulêr­e selfonders­oeke aan, asook jaarlikse ondersoeke en siftingsto­etse vir vroeë opsporing, aangesien simptome soms eers wys nadat dit reeds versprei het. Die aantal mans wat met laat stadium kanker gediagnose­er word, word al hoe meer en dit is sorgwekken­d.”

Tipes kanker by mans

Prostaatka­nker bly nommer een onder die topvyf kankers vir mans, met een in 15 mans wat die risiko loop, volgens die statistiek­e van die Nasionale Kankerregi­ster (NKR) 2019. Dit groei dikwels stadig en rig gewoonlik nie groot skade aan nie, maar sommige tipes is meer aggressief en kan vinnig versprei as dit nie behandel word nie.

Kolorektal­e-, of kolonkanke­r is die tweede mees algemene kanker onder mans met een in 77 mans wat gediagnose­er word volgens die NKR (2019). Daar is bewyse van baie jonger individue wat met kolorektal­e kanker gediagnose­er word.

Longkanker is die derde mees algemene kanker onder mans en is die hoofoorsaa­k van kankerster­ftes. Daar is ’n gebrek aan bewustheid van longkanker in Suid-Afrika, daarom verskaf Kansa inligting oor longkanker en reël gesondheid­sveldtogte om mense op te voed en bewusmakin­g te skep.

Nie-Hodgkin-limfoom (NHL) is kanker van die limfweefse­l, wat die limfnode insluit, asook die milt en ander organe van die stelsel.

Dis die vierde mees algemene kanker onder mans en dit word verwag dat een in 176 mans NHL sal ontwikkel, volgens die NKR van 2019.

Melanoom het blaaskanke­r vervang as die vyfde mees algemene kanker in mans met een in 168 mans wat in hul leeftyd die risiko loop, wat ’n totale verhoging in velkankers­yfers insluit. Dit is dalk danksy verbeterde siftingsto­etse of ’n totale verhoging in getalle. Melanoom is minder algemeen as ander velkankers, maar dis die gevaarliks­te.

Siftingsto­etse kan lei tot vroeë opsporing vir alle mans vanaf die ouderdom van 40 jaar

Siftingsto­etse lei na vroeë opsporing, wat meer effektiewe behandelin­g moontlik maak asook ’n beter kans op herstel. Kansa beveel jaarlikse prostaat-spesifieke antigeen (PSA) bloedtoets­e aan om prostaaton­reëlmatigh­ede op te spoor, vir alle mans vanaf die ouderdom van 40 jaar. Hoë PSAvlakke kan inflammasi­e van die prostaat of selfs kanker aandui. Die PSA-toets kan ook gepaardgaa­n met ’n digitale rektale ondersoek. PSA-toetse is landwyd by Kansa sorgsentru­ms per afspraak beskikbaar, teen bekostigba­re tariewe.

"Vroeë opsporing is noodsaakli­k wanneer dit by die oorkoming van kanker kom. Herken veranderin­ge in jou liggaam en neem aksie teen enige veranderin­ge of simptome want ontwikkel. Gaan ook gereeld vir siftingsto­etse.

"Indien jy of ’n geliefde met kanker gediagnose­er word, kontak u plaaslike Kansa sorgsentru­m vir toegang tot sorg- en ondersteun­ingsprogra­mme, soos die huur van mediese toerusting, pruike, berading, tele-berading, ondersteun­ingsgroepe, aanlyn ondersteun­ingsgroepe en hulpmiddel­s, asook Kansa-sorgtuiste­s waar pasiënte wie behandelin­g ver van die huis af kry, tydelik kan woon, sê Lorraine Govender.

Ondersteun­ing en inligting is via die Kansa se hulplyn beskikbaar op 0800 22 6622 of e-pos info@cansa.org.za

Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, hoof bemarking en kommunikas­ie by Kansa per e-pos by lbalona@cansa.org.za of skakel 082 459 5230.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa