Oudtshoorn Courant

OSI druk besig by NA Smit-swembad

- WYNDHAM EWERTS

NA Smit-swembad is die laaste paar weke met behulp van die plaaslike sportligga­am, Oudtshoorn Sport Inisiatief (OSI), behoorlik opgeknap. Die werkers van Kleinplaas-vakansieoo­rd het ingestem om al die badkamermu­re te verf en ook om hand by te sit met die algemene skoonmaak van die swembadper­seel.

Oudtshoorn-burgemeest­er, Chris Macpherson, het namens die munisipali­teit hul dank betuig teenoor OSI en ook aan almal wat bygedra en gehelp het.

Verskeie borgskappe wat deur OSI vir hierdie projek aan boord gebring is, sluit in Kleinplaas-vakansieoo­rd, United Paints and Pools, Build it, Timber City, Eldorado Hotel en Selfsorg.

Hierdie besighede het meer as R50 000 in materiaal en arbeid bygedra.

Swembadden­s open amptelik 2 Desember

Die munisipali­teit het in 'n verklaring bevestig dat daar beoog word om al die swembadden­s binnekort te heropen. Weens herstelwer­k en instandhou­dingswerk wat nog by drie van die agt munisipale­swembadden­s aan die gang is, word die heropening van die swembadden­s egter tot Vrydag 2 Desember uitgestel.

Die interne munisipale-projekspan wat aangewys is om te help met die effektiewe implemente­ring van die swembad-instandhou­dingsplan het die afgelope maand tot op datum baie hard gewerk om te verseker dat deeglike werk gedoen word deur behoorlike herstelwer­k en instandhou­ding van die swembadpom­pe, filters, swembad lekkasies, loodgieter­probleme asook die instandhou­ding van die chlorineer­der en beligtings­telsels sowel as strukturel­e skade by alle munisipale swembadden­s.

Daarna sal die swembadden­s met die toepaslike watervlakk­e gevul word terwyl die aangesteld­e opsigters gereeld sal kyk of die waterstels­els en ongebruikt­e toerusting nog operasione­el is, en dat alles reg is vir publieke gebruik en galageleen­thede by die munisipale swembadden­s.

"Ons het ons swembadbes­igheid se operasione­le prosesse en stelsels versterk om te verseker dat die munisipali­teit wat die munisipale swembadden­s goed onderhou deur swembadden­s behoorlik skoon te maak om sodoende die leeftyd daarvan te verleng. Dit kan ook bakterieëg­roei verhoed en in die proses lyk die munisipale swembadden­s terselfder­tyd mooi en ontspannen­d," lui die verklaring.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die werkers van Kleinplaas-vakansieoo­rd is van links: Mitchell Fleur, Kiewiet Hendricks,Willem Malgas, Koos Dickens, Ricardo Wildschut, Sebien Loff, Jeffrey Salmans en Maria Belelie.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die werkers van Kleinplaas-vakansieoo­rd is van links: Mitchell Fleur, Kiewiet Hendricks,Willem Malgas, Koos Dickens, Ricardo Wildschut, Sebien Loff, Jeffrey Salmans en Maria Belelie.
 ?? ?? Sebien Loff wys hoe netjies NA Smit se kleedkamer­s tans is.
Sebien Loff wys hoe netjies NA Smit se kleedkamer­s tans is.
 ?? ?? Een van die werkers besig om die mure te verf.
Een van die werkers besig om die mure te verf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa