Oudtshoorn Courant

13 jaar vir verkragtin­g en seksuele aanranding

- GARNETT WICOMB

‘n Man van Dysselsdor­p, wat ‘n 17-jarige meisie verkrag en ook seksueel aangerand het toe sy 16 was, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof 13 jaar tronkstraf opgelê.

Jacobus Manuel (29) het die minderjari­ge in Mei 2021 verkrag en vyf maande later seksueel aangerand.

Manuel het die betrokke dag van die verkragtin­g die klaer gevra om saam te ry toe hy mense met sy motor moes gaan wegbring. Op pad terug het hy stilgehou, haar ’n soentjie gevra en met pepersproe­i gedreig. Sy het geval toe hy haar die bosse ingetrek het en haar arm is ook beseer.

Hy het haar verkrag en agterna by die huis R10 belowe en ‘n hegpleiste­r op haar arm geplak.

Die klaer het eers vir niemand van die verkragtin­g vertel nie omdat sy gemeen het niemand sal haar glo nie.

Toe Manuel so vyf maande later weer aan haar borste vat en sê dat hy haar nie sal uitlos nie, het sy besluit tot hiertoe en nie verder nie, en na die polisie gegaan.

Streekland­dros Daniel Boks het met vonnisople­gging gesê Manuel was in ‘n vertrouens­posisie en moes van beter geweet het.

Verder was dit ook skokkend dat hy ‘n volwasse vrou, Elsie Ruiters, geroep het om vir hom te kom getuig en gesê het dit kon nie gebeur het nie.

“Die getuie was duidelik daarop uit om die beskuldigd­e, wat aanvanklik onskuldig gepleit het, te beskerm. Die beskuldigd­e se familie het ook die klaer blameer en dit is wat daar buite in die gemeenskap aangaan,” het Boks gesê.

Manuel is tot 10 jaar vir verkragtin­g en drie jaar vir seksuele aanranding gevonnis. Sy naam sal ook in die nasionale register vir seksoortre­ders opgeneem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa