Oudtshoorn Courant

Vierjarige verdrink in waterkanaa­l

- SONIA WAHL

'n 4-jarige seun van Bongolethu het Saterdag 19 November omstreeks 13:35 in die sementkana­al naby Black Joint, Bongolethu geval en waarskynli­k verdrink. Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, lt.kol. Malcolm Pojie, het Christophe­r Solomons saam met 'n vriend gespeel toe hy in die sementkana­al geval het.

Die kanaal bestaan uit gedeeltes sement en grond en strek oor 'n afstand van 135 km om water aan verskeie plase op die netwerk te verskaf.

Pojie vertel dat weens die steil wand van die kanaal kon Solomons nie daarin slaag om uit te klim nie. Noodperson­eel het sy liggaam naby die brug by die N12 gevind. Die liggaam is aan forensiese patologie oorhandig wat 'n nadoodse ondersoek sal doen om die oorsaak van dood te bepaal.

'n Dossier vir ’n geregtelik­e doodsonder­soek is geopen.

Stompdrift-Kamanassie Watergebru­ikersveren­iging

Willem Fourie, bestuurder van SKWGV vertel dat daar voorkomend opgetree is deur kennisgewi­ngs aan die media te stuur en op Facebook te plaas, kennisgewi­ngpamflett­e in Dysselsdor­pomgewing te versprei asook die patrolleri­ng van die waterkanal­e in die Dysselsdor­pomgewing.

SKWGV rig 'n versoek dat niemand die sementkana­al betree of daar inklim nie, al is dit droog. "Kinders moet onder geen omstandigh­ede in die kanaal klim nie. Ouers moet asseblief seker maak dat hulle kinders weet dat die kanaal gevaarlik," waarsku Fourie.

Fourie vertel dat hy voortaan ook die samewerkin­g van Christo Nel, stasiebest­uur van Heartbeat FM gekry het om die kennisgewi­ng aan luisteraar­s oor te dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa