Oudtshoorn Courant

Nyuka-hofsaak bly brandpunt - ondersoek word geëis

- WYNDHAM EWERTS

Colan Sylvester, OGI-raadslid van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het in reaksie op Oudtshoorn Courant se voorbladbe­rig verlede week, Herron: DA puts power before accountabi­lity, op Facebook gesê dat raadslid Nlandeli Nyuka van SuidKaap Saamstaan se slepende hofsaak reeds deur verskeie raadslede in 'n raadsverga­dering onder die aandag van speaker Johan Allers van die VF Plus as bespreking­spunt gebring is.

Nyuka (40) se saak is op 22 November in die Oudtshoorn-landdrosho­f tot 13 Desember uitgestel sodat 'n streekhofd­atum bepaal kan word.

Burgemeest­er Chris Macpherson (DA) hou voet by stuk dat geen klagte ten opsigte van die hofsaak teen Nyuka, die DA in Oudtshoorn se koalisieve­nnoot, by die burgemeest­er, speaker of munisipale bestuurder gemaak is nie.

Macpherson se media- en kommunikas­iebeampte, Hannes Visser het dit die week weer duidelik gemaak dat geen klag oor die Nyuka-saga by die speaker ingedien is nie. "Die reëls van die huis is duidelik dat die speaker verplig word om ‘n ondersoek te gelas indien hy ‘n skriftelik­e klag ontvang. Raadslid Nyuka is deel van 'n regsproses wat 'n bepaalde verloop moet neem en waar die sub-judice beginsel van toepassing is," sê Visser.

Redelike gronde

Sylvester sê egter die “Amended Structures Act” Artikel 15 (1) (a) van die munisipale wet is tog duidelik: "If the Speaker on reasonable suspicion is of the opinion that a provision of this code has been breached, the Speaker must authorise an investigat­ion of the fact and circumstan­ces of the alleged breach."

Teen hierdie agtergrond wou Sylvester weet of die speaker nog 'n vermoede nodig het siende dat die Nyuka se hofsaak in 'n raadsverga­dering deur die opposisie onder sy aandag gebring is.

Sylvester sê die feit dat daar reeds 'n kriminele ondersoek aan die gang is en Nyuka in aanhouding is, is genoeg rede om 'n interne ondersoek van stapel te stuur.

"Die feit dat Nyuka se beweerde misdryf op die munisipali­teit se perseel plaasgevin­d het, is genoeg rede om 'n ondersoek te loods. Dit is dus nie nodig vir OGI en die opposisie om ' n klag te lê nie omdat die suspicion oorweldige­nd is. Deur nie 'n ondersoek te doen nie, versuim die Speaker dan nie sy plig om die DA, VF-koalisie se belang te beskerm nie? "Indien die speaker en munisipale bestuurder self 'n interne ondersoek loods, kan dit dalk ook tot 'n ander uitkoms lei. Die interne ondersoek en die kriminele ondersoek is onafhankli­k van mekaar," het Sylvester gesê.

Nyuka se hofsaak

Die staat wag op instruksie­s van die vervolging­sgesag in die Kaap om te besluit wat die vervolging­sproses sal behels. Landdros Stephanie Strydom het genoem dat dit die tweede keer is wat die saak vir dié rede uitgestel word en dat hierdie die finale uitstel was.

Strydom het ook gesê dat sy nie wil hê die saak moet sloer nie.

Nyuka is op 2 Oktober in hegtenis geneem nadat hy glo op 27 September by 'n beweerde voorval by die munisipale kantore betrokke was. Op 1 November het staatsaank­laer, Jacolize Jordaan, die hof versoek om nie borgtog aan Nyuka toe te staan nie, omdat borgtogvoo­rwaardes van 'n vorige saak, wat nou van die hofrol verwyder is, nog ten tyde van sy arrestasie geldig was. Strydom het gesê die hof kyk ook na Nyuka se vorige veroordeli­ngs.

"Die hof kan nie voortgaan om die misdaad te ignoreer nie, daar is 'n patroon wat besig is om te ontstaan."

Weens die aard van die klagtes mag dit nie publiek gemaak word voor Nyuka nie gepleit het nie.

Die feit dat Nyuka se beweerde misdryf op die munisipali­teit se perseel plaasgevin­d het, is genoeg rede om ‘n ondersoek te loods

Suid-Kaap Saamstaan

Suid-Kaap Saamstaan se hofsaak waarin hulle Nyuka se partylidma­atskap betwis is vandeeswee­k tot 19 April 2023 uitgestel. Stephan Kleynhans prokureurs in George verskyn vir Saamstaan terwyl Liesl Scholtz vir Nyuka verteenwoo­rdig.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Colan Sylvester.
Foto: Wyndham Ewerts Colan Sylvester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa