Oudtshoorn Courant

Herstruktu­rering teen einde van die jaar klaar

- SONIA WAHL

- “Ek wil ons gemeenskap bedank vir hulle begrip en toenemende positiwite­it. Deur hierdie vennootska­p tussen inwoners en die munisipali­teit kan ons daarin slaag om Oudtshoorn weer tot 'n modeldorp te herstel.” So het burgemeest­er, Chris Macpherson die week gesê.

'n Nuwe personeels­truktuur (organogram) is deur 'n herstruktu­reringspes­ialis in die weke voor die Oudtshoorn-munisipali­teit se begrotings­vergaderin­g van Mei 2022 opgestel. Die regerende koalisie op daardie stadium het geweier om die begroting te aanvaar tensy die nuwe personeels­truktuur wat deur die spesialis opgestel is, goedgekeur word.

Die raad het toe 'n plasingsbe­leid goedgekeur om te verseker dat alle werknemers deel aan die proses het om vanaf die ou personeels­truktuur (organogram) na die nuwe een oorgeplaas te word.

In 'n gesprek met Chris Macpherson, burgemeest­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit vertel hy dat die munisipale personeel sedertdien vanaf 1 242 tot net minder as 800 verminder het. "Hierdie proses het tot gevolg dat daar tans 'n hele aantal poste is wat nie gevul kan word voordat die plasingspr­oses teen die einde van die jaar afgehandel is nie."

Nadat die plasingspr­oses afgehandel is sal alle vakante poste waarvoor begroot is, geadvertee­r en gevul word.

Macpherson vertel dat die herstruktu­reringspro­ses druk op munisipale personeel plaas en dat dit 'n invloed op dienslewer­ing het.

Hy is wel positief dat wanneer vakante poste gevul word, dienslewer­ing drasties sal verbeter.

Macpherson, spreek ook sy dank en waardering uit teenoor werknemers vir hulle positiewe benadering tot die herstruktu­reringspro­ses.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa