Oudtshoorn Courant

Man lank tronk toe na verkragtin­g van vrou

- GARNETT WICOMB

- ‘n Man van Bongolethu, Oudtshoorn, wat ‘n vrou herhaaldel­ik verkrag het is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof

30 jaar gevangenis­straf opgelê.

Herbert Stuurman (36) is daaraan skuldig bevind dat hy die vrou verskeie kere verkrag het.

Die klaer (22) het getuig dat Stuurman haar telkemale verkrag het wanneer hy dronk was. Hy het haar mond toegedruk en met die dood gedreig sou sy vir enigiemand daarvan vertel het.

Sy het aanvanklik die verkragtin­g by haar oupa aangemeld wat die beskuldigd­e na ‘n sangoma geneem het, maar niks verder gebeur het nie. Sy het later besluit om die verkragtin­g by die polisie aan te meld.

Streekland­dros Daniel Boks het bevind dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Stuurman het alles ontken terwyl die vrou ’n geloofwaar­dige getuie was.

Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het die hof vir lewenslang­e gevangenis­straf gevra omdat dit die enigste gepaste vonnis vir Stuurman se optrede sal wees. Hy toon ook geen berou nie.

Die landdros het met vonnisople­gging gesê Stuurman is skuldig bevind aan ‘n misdryf wat meer as alle ander misdrywe gepleeg word en dat die hof ‘n boodskap moet uitstuur dat dit nie geduld kan word nie.

Volgens die landdros skrik oortreders nie eers meer vir die voorgeskre­we minimum vonnisse nie en verkragter­s moet so gestraf moet word dat die gemeenskap nie die reg in eie hande neem nie.

Die hof het Stuurman tot 30 jaar tronkstraf gevonnis en ook gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortre­ders opgeneem word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa