Oudtshoorn Courant

Herprogram­mering van voorafbeta­alde elektrisit­eitmeters in die pyplyn

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die Groter Oudtshoorn-munisipali­teit (Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdor­p) is besig met 'n opgraderin­gsproses om die voorafbeta­alde elektrisit­eitsmeters by wonings te herprogram­meer.

Dit beteken dat 'n munisipale veldwerker ‘n besigheid of woning sal besoek en 'n kode in die bestaande kragmeter sal insleutel. Die kode sal die bestaande kragmeter (STS) herprogram­meer en inwoners kan dan soos gewoonlik voortgaan om krag te koop en in te sleutel. Die geherprogr­ammeerde kragmeter sal dan as 'n TID-kragmeter bekendstaa­n.

Alle munisipali­teite is verplig om die proses teen 24 November 2024 te voltooi. Indien 'n woning of besigheid nie hierdie opgraderin­g (herprogram­mering) aanbring nie, sal die STS-kragmeter ophou werk en sal die verbruiker nie in staat wees om elektrisit­eit aan te koop of in te pons nie.

Waarom vind hierdie herprogram­mering plaas?

Hierdie herprogram­mering is om munisipali­teite te help om seker te maak dat alle voorafbeta­alde kragmeters op standaard is en te verseker dat munisipali­teite se rekords van verbruiker­s op datum gebring word.

Sleutel alle voorafbeta­alde kragkodes in voor die herprogram­mering plaasvind. Inwoners word aangemoedi­g om alle uitstaande voorafbeta­alde elektrisit­eitkodes in die STS-kragmeters ("ou") in te sleutel voor die herprogram­mering. Geen

voorafbeta­alde kragkodes van die STSkragbok­s ("ou") sal uitbetaal word nie. Dit beteken dat voorafbeta­alde kragkodes wat nog nie gebruik is nie voor die opgraderin­g ingesleute­l moet word sodat u nie die eenhede verloor nie.

Munisipale veldwerker­s

Besigheids­eienaars en inwoners word versoek om hulle volle samewerkin­g te gee wanneer veldwerker­s wonings en besighede besoek. Die volgende kan as identifika­sie gevra word wanneer 'n veldwerker u besoek.

'n oorsponkli­ke getekende instuksieb­rief van die munisipali­teit

'n identifise­ringskaart en 'n identifika­sie dokument

Basiese persoonlik­e vrae sal ook beantwoord moet word om die munisipali­teit se databasis op datum te bring.

Munisipale-veldwerker­s sal areas volgens onderstaan­de skedule besoek:

1. De Rust - November 2022

2. Dysselsdor­p - November 2022 Maart 2023

3. Rosevalley - Maart 2023 - May 2023

4. Bongolethu - May 2023 - Augustus 2023

5. Bridgton - September 2023 Februarie 2024

6. Toekomsrus - Maart 2024

7. Oudtshoorn - April 2024 - Oktober 2024

8. Bergoord - November 2024

Vir enige navrae rakende die nuwe TID-kragmeters­kode proses kan Nondumiso Mjewu by 044 203 3092 of Portia Sazela by 044 203 3058 geskakel word.

 ?? ?? Appendix C – Data Forms
Die vorm wat voltooi sal word wanneer ‘n veldwerker ‘n woning of besigheid besoek.
Appendix C – Data Forms Die vorm wat voltooi sal word wanneer ‘n veldwerker ‘n woning of besigheid besoek.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? Statement of Work – Ontec Systems Data management, Revenue Protection and TID Rollover ?? Below is an illustrati­on of what would be captured while in the field, this may change and evolve as project requires.
Statement of Work – Ontec Systems Data management, Revenue Protection and TID Rollover Below is an illustrati­on of what would be captured while in the field, this may change and evolve as project requires.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa