Oudtshoorn Courant

ATKV besoek jeug in gevangenis

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) in Oudtshoorn se Struisies jeug- en damestak het op 22 November die vrouegevan­genis se jeugdiges as deel van hul Jeugdaguit­reik besoek.

Die meisies is deur die ATKV-lede met koek, sjokolade en 'n bederfpakk­ie met toiletware bederf. 'n Motivering­spraatjie is deur Petra le Roux, ATKVtesour­ier gelewer en dr. Deon Jacobs van Die Gideons in Suid-Afrika het 'n boodskap van liefde en hoop aan die jeugdiges oorgedra asook 'n Bybeltjie aan elkeen oorhandig.

Suzette Basson, ATKV Oudtshoorn-voorsitter, het die woorde, "Dit is nooit te laat om 'n goeie keuse te maak nie," met hulle gedeel. Sy vertel ook dat die gemeenskap hande moet vat om die jongmense te inspireer, te bemoedig en by te staan sodat hulle die regte keuses kan maak.

Desireé McCallum, voogopvoed­er by Hoërskool Oudtshoorn en ATKVsekret­aresse - ATKV-jeugtak Struisies, vertel dat hulle met dié besoek die jeugdige gevangenes wou bemoedig dat daar wel nog omgegee word en dat hulle ook hul ervaringe met die leerders kon deel sodat hulle nie dieselfde foute maak nie.

Basson vertel dat die Oudtshoorn-gemeenskap baie ATKV-lede het wat dalk nie weet dat daar 'n tak in Oudtshoorn is nie en ook nie van die projekte bewus is nie. "Dit sal vir ons aangenaam wees om meer lede te werf. Met meer lede kan ons meer projekte in ons gemeenskap aanpak en so 'n verskil maak. Die koste is R105 per maand of R1 150 per jaar om 'n ATKV-lid te wees. Besoek gerus ons webblad vir 'n kort opsomming van die voordele wat jy as lid kan benut."

 ?? Foto: Sonia Wahl ?? ATKV-Struisies jeugtak en die ATKV-Oudtshoorn damestak voor die Oudtshoorn-vrouegevan­genis. Agter, van links is Desireé McCallum (ATKV-Sekretares­se en Jeugtak Struisies), dr. Deon Jacobs (Die Gideons in Suid-Afrika), Suzanne Ongansie (ATKV-lid), Christelle Botha (ATKV-lid), Petra Le Roux (ATKV-tesourier) en Suzette Basson (ATKV Oudtshoorn-voorsitter).
Foto: Sonia Wahl ATKV-Struisies jeugtak en die ATKV-Oudtshoorn damestak voor die Oudtshoorn-vrouegevan­genis. Agter, van links is Desireé McCallum (ATKV-Sekretares­se en Jeugtak Struisies), dr. Deon Jacobs (Die Gideons in Suid-Afrika), Suzanne Ongansie (ATKV-lid), Christelle Botha (ATKV-lid), Petra Le Roux (ATKV-tesourier) en Suzette Basson (ATKV Oudtshoorn-voorsitter).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa