Oudtshoorn Courant

Titans oordonder Convent Bulldogs

- WYNDHAM EWERTS

Die Oudtshoorn Titans-vlakkiekri­eketspan het verlede Sondag vir Convent Bulldogs van George met 155 lopies geklop.

Titans se drag word deur Dryland Event Management geborg en die dag is deur die nie-winsgewend­e organisasi­e, Sport Buddy, aangebied. Die Bulldogs is tans die beste vlakkiekri­eketspan in George nadat hulle verlede maand as die plaaslike kampioene gekroon is.

In die Bulldogs se wedstryd teen die Titans het dit omtrent sesse en viere gereën met die tuisspan wat 'n massiewe 230 lopies in hul toegepaste 20 boulbeurte gemoker het. Dit was veral Tyrese Karelse wat die oog gevang het met sy warrelwind­beurt van 112 lopies.

Sy beurt het 'n allemintig­e 12 reusesesse en vier viere ingesluit. Hy was briljant ondersteun deur Willem ‘Wêza’ Goliath wat met 94 lopies, slegs ses lopies vir sy honderdtal gekort het.

Bulldogs is daarna uitgehaal vir 75 lopies wat aan die Titans 'n oorwinning van 155 lopies besorg het. Jason Japper was die Titans se beste bouler met 'n boulontled­ing van 4/9.

In die voorwedstr­yd het Oudtshoorn Barbarians 166 lopies op die telbord geplaas.

Met die kolf het die Barbarians se kapt. Marco Jansen (43), Ruaan Fielies (32) en Damion Esau (43) met die kolf uitgeblink. Conville het geen antwoord vir Barbarians se boulaanval gehad nie met Goliath wat hierdie keer sy vernuf met bal in hand ten toon gestel het deur sewe paaltjies plat te trek om die besoekers vir 57 lopies uit te haal. Barbarians wen dus met 109 lopies.

Die Titans beoog om vroeg volgende jaar in George te gaan meeding waarna 'n toer na Paarl en Robertson ook sal plaasvind. Voornemend­e borge kan 084 025 6698 skakel of WhatsApp.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Willem Goliath van die Titans was beslis die speler van die dag met ‘n totaal van 11 paaltjies en meer as 100 lopies.
Tyrese Karelse het ‘n briljante warrelwind honderdtal vir die Titans gemoker.
Foto’s: Wyndham Ewerts Willem Goliath van die Titans was beslis die speler van die dag met ‘n totaal van 11 paaltjies en meer as 100 lopies. Tyrese Karelse het ‘n briljante warrelwind honderdtal vir die Titans gemoker.
 ?? ?? Die seëvierend­e Oudtshoorn Titans saam met die Convent Bulldogs.
Die seëvierend­e Oudtshoorn Titans saam met die Convent Bulldogs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa