Oudtshoorn Courant

Vrou oorleef messteek, maar huis in puin

-

klere waarmee hulle Saterdag uit die huis is.

Hendricks het haar kop geskud en kon nie verder praat nie.

Siena van Welling, Hendricks se bejaarde ma, het in trane uitgebars. "Dit is so hartseer. My kind het so hard gewerk vir alles wat sy gehad het. Meneer, ek kan nie eens slaap nie," het sy vertel.

"Ek voel ek wil iets oorkom. My arme kinders - daar is niks oor nie. Ons het 'n lelike ding oorgekom. Dit voel asof die dood by my huis ingetree het.

“Die kinders kan nie eers skool toe gaan nie," het Van Welling gehuil. Sy het bygevoeg dat die familie wel alles waardeer wat die gemeenskap tot dusver vir hulle gedoen het, al was dit selfs net 'n drukkie.

Die polisie reageer

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het 'n 36-jarige man reeds Dinsdag in die hof verskyn na beweerde insidente in De Rust Saterdag. Die saak is tot 25 Oktober uitgestel omdat die beskuldigd­e borgtog laat vaar het.

Spies het gesê dat daar beweer word dat 'n man en vrou omstreeks 21:30 Saterdagaa­nd in 'n woordewiss­eling betrokke was. "Die man het die vrou met 'n bottel geslaan en daarna gesteek. Die slagoffer se woning is ook afgebrand."

Volgens Spies is die insidente verwant aan gesinsgewe­ld en staar die verdagte klagtes van aanranding met die opset om ernstige liggaamlik­e beserings aan te doen en brandstigt­ing in die gesig. Die ondersoek duur voort.

Inwoners vra vir vinniger reaksie

Op sosiale media het inwoners te velde getrek omdat die brandweer na bewering te lank geneem het om by die brand uit te kom. Juan-Ray April, 'n inwoner wat op die toneel was, het gesê dat die brandweer eers 'n uur na hul ontbied is by die toneel opgedaag het. "Elke keer as hier soortgelyk­e gevalle is dan kom die brandweer laat. Ons mense kan doodgaan," het hy gesê.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die munisipali­teit kan die munisipali­teit wel bevestig dat rampbestuu­r, volgens hul brandversl­ag, om 22:08 die oproep ontvang het.

"Die span is om 22:21 na De Rust en dit het hulle 21 minute geneem om na die toneel te gaan."

Volgens haar is De Rust en Volmoed gekeur vir stasies benodig soos per regulasies, en dit is ook aangedui as ‘n prioriteit in die geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan.

"Die brandweerp­ersoneel in Dysselsdor­p werk nie 24 uur soos in Oudtshoorn nie. Hulle werk wel skofte en dan is hulle op bystand vir enige noodgevall­e."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa