Oudtshoorn Courant

Oudled Taskforce hou eerste netwerkaan­d

- STEFAN GOOSEN

Oudled Taskforce, 'n organisasi­e in Oudtshoorn wat onder meer daarna streef om klein, medium en mikroonder­nemings (KMMO's) te ondersteun en op te hef, tesame met die jeug en gemeenskap, het Donderdag 7 September hul eerste amptelike netwerkaan­d in die dorp gehou.

Die tema van die aand, wat by die SEDA-kantore (Small Enterprise Developmen­t

Agency) in die Seppie Greeff-gebou aangebied is, het gehandel oor die ontsluitin­g van geleenthed­e vir KMMO's, sogenaamde SMME's (Small, Medium and Micro enterprise­s) ten bate van ekonomiese groei en werkskeppi­ng.

Johnathan Vaas van Oudled het gesê die organisasi­e wil alle KMMO's op die dorp ophef en ondersteun waar moontlik, maak nie saak waar hulle hulself in die Groter Oudtshoorn bevind nie.

"In die toekoms gaan ons verdere aande by ons lede hou, dis soos 'n bemarkings­trategie, ons wil mekaar se besighede blootstell­ing gee," het hy gesê.

Vaas het gesê om te netwerk en interaksie tussen besigheids­eienaars is baie belangrik.

Jacobus Martins, Oudled-voorsitter, het vertel die organisasi­e werk ook saam met die South African Local Government Associatio­n (Salga), Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t en Oudtshoorn­munisipali­teit.

Hy het gesê dat hul grootste missie is om hul lede te ondersteun en op te hef. "Ons wil dit ook vir die gemeenskap doen."

Die organisasi­e sal ook, volgens Martins, weeklikse programme op EDENfm aanbied waar hulle onder andere oor hul suksesse en die pad vorentoe sal gesels.

Die bestuur van Oudled bestaan uit Howard Barends (tesourier) Jonathan Vaas, Arline Avontuur (sekretaris), Frederick Moos (jeugkoördi­neerder), Jacobus Martins (voorsitter) en Anthony Coericius.

 ?? Foto: Stefan Goosen ?? Die bestuur van Outled Taskforce is van links: Howard Barends (tesourier) Jonathan Vaas, Arline Avontuur (sekretaris), Frederick Moos (jeugkoördi­neerder), Jacobus Martins (voorsitter) en Anthony Coericius.
Foto: Stefan Goosen Die bestuur van Outled Taskforce is van links: Howard Barends (tesourier) Jonathan Vaas, Arline Avontuur (sekretaris), Frederick Moos (jeugkoördi­neerder), Jacobus Martins (voorsitter) en Anthony Coericius.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa