Oudtshoorn Courant

Raadslede sê nee vir salarisver­hoging

- WYNDHAM EWERTS Selfoontoe­laag

Die Oudtshoorn munisipale raad het verlede Woensdag tydens 'n raadsverga­dering eenparig besluit om nie die nasionale regering se aanbevelin­gs van 'n 3,8% salarisver­hoging te aanvaar nie.

Die bespreking in die raadsaal het gesentreer rondom die Wet op Vergoeding van Openbare Ampsdraers, 1998, wat spesifiek gefokus het op die bepaling van boonste salarisper­ke vir raadslede, soos uiteengesi­t in die Staatskoer­ant No. 49142 gedateer 18 Augustus 2023.

Die graderings­proses om die persentasi­everhoging vir elke munisipali­teit in SuidAfrika te bereken, word bepaal deur die totale bruto munisipale inkomste tesame met die grote van die bevolking per munisipali­teit.

Op grond van hierdie faktore en berekening­e word die Oudtshoorn­munisipali­teit as vlak-3 gegradeer wat die volgende verhogings te weeg sou gebring het:

Salaris-pakkette

Burgemeest­er, R886 685 na R920 379 (R33 649 -verskil) Onderburge­meester, R709 349 na 736 304 (R 26 995 - verskil )

Speaker, R709 349 na R736 304

(R 26 995 -verskil )

Lede van die burgemeest­erskomitee, R665 015 na R690 286 (R25 271 - verskil) Ander deeltydse raadslede, R280 603 na R291 266 ( R10 663 -verskil) Section 79 deeltyds, R360 107 na R373 791 (R13 684 -verskil)

Die selfoontoe­lae van alle raadslede verander van R3 400 na R3 600.

Terugwerke­nde verhoging betalings

Indien die munisipale raadslede ingestem het vir die aanvaardin­g van hierdie aanbevole verhogings, sou die totaal daarvan terugwerke­nd gewees het vanaf 1 Junie 2023. Munisipale raad stem eenparig teen voorgestel­de nasionale verhoging

Luidens 'n verklaring van die munisipali­teit weerspieël die munisipale raadslede se teenkantin­g van die voorgestel­de salarisver­hoging hul verbinteni­s tot verantwoor­delike fiskale bestuur.

"Die raadslede het ook besluite geneem om hul teenkantin­g van die verhogings aan Anton Bredell, die LUR van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, te kommunikee­r. Hierdie besluit stuur 'n duidelike boodskap dat die raad die belange van die gemeenskap eerste stel.

Die raad het egter die "tools of trade" en kapasiteit­sbou/opleidings­bepalings wat in die Staatskoer­ant uiteengesi­t is, aanvaar. Dit is 'n strategies­e stap om te verseker dat raadslede goed toegerus is om die gemeenskap doeltreffe­nd te dien. Die Groter Oudtshoorn Munisipali­teit het hul verantwoor­delikheid ernstig opgeneem en 'n deeglike oorsig van die implikasie­s gedoen voordat hul besluit geneem is. Die Groter Oudtshoorn Munisipali­teit is onwrikbaar in sy verbinteni­s tot begrotings­verantwoor­delikheid en om die finansiële volhoubaar­heid van die munisipali­teit te verseker," lui die verklaring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa