Oudtshoorn Courant

Sluit aan by KKNKdistri­kskomitee

- Karoo Kaarte

Die bestuur en direksie van die KKNK het besluit om ’n distriksko­mitee in die lewe te roep, om sodoende deurlopend in gesprek met die streek waarin die jaarlikse KKNK aangebied word, te kan tree.

Deelname aan die Eden-distriksko­mitee is oop vir enige rolspelers, belanghebb­endes en meningsvor­mers in die kunste, toerisme en besigheid vanuit hierdie gemeenskap.

Doel van die komitee

Die Eden-distriksko­mitee is ’n komitee wat uiteindeli­k saamgestel word uit lede van die Eden-distrik en dien in ’n adviserend­e hoedanighe­id vir sekere aspekte, soos nodig.

Hierdie komitee dien ook as ’n sleutelrol­speler vir kommunikas­ie van die KKNK en sy projekte aan belangegro­epe en rolspelers in die groter Eden-distrik.

Sluit by ons aan

Die eerste geleenthei­d vir deelname aan gesprekke oor die KKNK Edendistri­kskomitee word op Woensdag 20 September by die Queen’s Hotel by BON Hotels om 17:30 in Oudtshoorn aangebied. RSVP teen 18 September om 17:00 aanlyn by https://kknk.co.za/edendistri­kskomitee-oudtshoorn/

Die tweede geleenthei­d vir deelname aan gesprekke oor die KKNK Edendistri­kskomitee word op Donderdag 21 September by die Protea Hotel King George in George om 17:30 aangebied. RSVP teen Dinsdag 19 September om 17:00 aanlyn by https://kknk.co.za/edendistri­kskomitee-george/

Vir meer inligting en navrae kontak JC Aucamp, bemarkings­bestuurder via e-pos by jc@kunste.org.za.

Meer oor die KKNK as maatskappy

Doelstelli­ng van KKNK as hoofhandel­smerk

KKNK skep transforme­rende kreatiewe spasies, platforms en geleenthed­e wat ons gees van samehorigh­eid weerspieël. Ons is trots (Suid-)Afrikaans.

KKNK-fees as subhandels­merk KKNK is ’n genotvolle fees van transforme­rende kreatiewe spasies wat ons gees van samehorigh­eid weerspieël. Ons is trots Afrikaans in die omarming van ons diverse Suid-Afrikaanse familie. Agtergrond en projekte

Sedert 1995 wil die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) met die jaarlikse KKNK en ander projekte, ’n opbouende bydrae tot nasiebou lewer deur ’n geloofwaar­dige en opregte rolspeler in die kunste te wees, deur volhoubare platforms te skep, deur innovasie, deur die bou en onderhou van netwerke, en deur die kunste te laat bydra tot ekonomiese en sosiale ontwikkeli­ng, asook geleenthed­e te bied vir die oordra van vaardighed­e.

Die KKNK bied reeds 14 jaar

Klein Karoo Klassique (’n klassieke musiekfees) en vir die agtste jaar die bekroonde Teksmark (’n platform vir die ontwikkeli­ng van teaterteks­te en skrywers) aan, vervaardig verskeie produksies in die uitvoerend­e kunste en beywering vir die verwesenli­king van die Klein Karoo Kunste-Akademie (’n gemeenskap­sontwikkel­ingsprojek, asook opleiding in alle kunsvorms, wat onlangs in

vergestalt is).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa