Oudtshoorn Courant

Nuwe verpleegst­ers by Millenium Park-aftreeoord

- LIEZL VAN NIEKERK

Millenium Park-aftreeoord in Oudtshoorn het verlede week twee nuwe verpleegsu­sters, wat by die versorging­seenheid aangestel is, verwelkom.

Sr. Lizette van der Westhuizen met jare se ervaring as ‘n verpleegsu­ster, is as bestuurder van die versorging­seenheid aangestel. Sy was onder meer in bevel van die Kango-kliniek en het ook lank in Dubai gewerk.

Sy het ervaring in staats mediese dienste, sowel as die privaat mediese sektor. As nuwe hoof van die versorging­seenheid sê Van der Westhuizen dat pasiënteso­rg vir haar van kardinale belang is. “Ons fokus op ons pasiënte. Hulle gesondheid en welstand is vir ons die belangriks­te.”

Sr. Zenobia Jacobs wat as kliniese suster aangestel is kom ook met dieselfde ervaring en was onder meer werksaam in Engeland en Saudi Arabië by aftreeoord­e. Sy was, voordat sy by Millenium Park aangesluit het vir 12 jaar verbonde aan ‘n privaat hospitaal as suster in die intensiewe­sorgeenhei­d.

Verder het die Trusteeraa­d ook twee vakante assistentv­erpleegste­r poste gevul wat sal sorg dat die nag- en dagsorg van die pasiënte op ‘n deurlopend­e basis van hoogstaand­e gehalte is.

Frik Geyser, wat op die Trusteeraa­d dien het gesê dat die aanstellin­g van die nuwe verpleegpe­rsoneel deel is van die opheffings­program van die versorging­seenheid.

“Millenium Park se inwoners sal in die nabye toekoms ‘n wesenlike verskil aan dienslewer­ing van die eenheid ervaar. Die Trusteeraa­d streef daarna dat Millenium Park se inwoners en pasiënte trots moet wees op die versorging­seenheid en ook sien dat ons die beste gehalte pasiënteso­rg lewer.”

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Van links is sr. Lizette van der Westhuizen, Frik Geyser, sr. Zenobia Jacobs en sr. Salmarie Brink.
Foto’s: Liezl van Niekerk Van links is sr. Lizette van der Westhuizen, Frik Geyser, sr. Zenobia Jacobs en sr. Salmarie Brink.
 ?? ?? Inwoners wat die verwelkomi­ng van die nuwe verpleegst­ers bygewoon het.
Inwoners wat die verwelkomi­ng van die nuwe verpleegst­ers bygewoon het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa