Oudtshoorn Courant

Cango Wildlife Ranch help aasvoël red

-

'n Gesamentli­ke inisiatief tussen VulPro, CapeNature en Cango Wildlife Ranch het verlede week gelei tot die suksesvoll­e rehabilita­sie en vrylating van 'n Kaapse aasvoël.

VulPro, gebaseer op die buitewyke van Hartebeesp­oortdam in die Noordwes-provinsie, is 'n gespesiali­seerde aasvoëlbew­aringsorga­nisasie wat spesialis-rehabilita­sie van aasvoëls onderneem.

Tammy Moult, toerismebe­stuurder van Cango Wildlife Ranch, vertel iemand het op 31 Julie die aasvoël, wat met sy vlerk aan 'n telefoonpa­al vasgesit het, gesien. "Die beseerde aasvoël het op die grond geval en tussen VulPro en CapeNature is ’n span uitgestuur om die voël te red. Die voël is na die Oakhurst-diereklini­ek in Swellendam geneem, waar X-strale geneem is en vloeistof, wondbehand­eling en antibiotik­a gegee is. Op VulPro se versoek is Cango Wildlife Ranch vir hulp genader en is die voël gaan haal."

Die span van Cango Wildlife Ranch het, met die hulp van hul veearts by Oudtshoorn Diereklini­ek, nog 'n deeglike ondersoek laat doen. "Gelukkig het die voël geen frakture opgedoen nie, en met die nodige medikasie het die span teruggekee­r na die fasiliteit waar die aasvoël in hul sorgsentru­m op die perseel gehuisves is.

“Die aasvoël is saam met 'n ander aasvoël gehuisves wat ook daar was vir rehabilita­sie. Hulle is sosiale diere en het interaksie geweldig nodig wat met die herstelpro­ses help.”

Dit het 'n paar dae geneem voordat die aasvoël weer krag gekry het. Albei voëls se genesingsr­eise het saam verloop en die voëls is saam na 'n buitelugvo­lière op hul privaat reservaat geskuif.

VulPro het 'n verteenwoo­rdiger na Cango Wildlife Ranch gestuur om 'n mikroskyfi­e op die voël te plaas, en terselfder­tyd is planne vir die vrylating uitgevoer.

Die voël is op 4 September na die Potteberg-gasteplaas, langs die De Hoop- natuurrese­rvaat, naby Bredasdorp geneem - die tuiste van die enigste bekende aasvoëlkol­onie in die Wes-Kaap en is daar vrygelaat.

"Hierdie ongeloofli­ke suksesverh­aal is moontlik gemaak deur die samewerkin­g en

sorg van alle betrokke partye; van die eienaar van Potteberg-gasteplaas, tot die wonderlike personeel by De Hoop-natuurrese­rvaat, die publiek wat ons in kennis gestel het van die lot van die voël, die pogings van CapeNature, VulPro en hul voorste kundigheid, die veeartse wat gehelp het, en Cango Wildlife Ranch vir behuising en versorging," sê Moult.

 ?? ?? Sien meer foto’s by www.oudtshoorn­courant.com
Die aasvoël word ondersoek.
Sien meer foto’s by www.oudtshoorn­courant.com Die aasvoël word ondersoek.
 ?? ?? Die opsporings­toestel word op die aasvoël geplaas.
Die opsporings­toestel word op die aasvoël geplaas.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa