Oudtshoorn Courant

Verrassing­s in die Big Bash T20- krieketree­ks

- WYNDHAM EWERTS

Daar was verlede week heelwat verrassing­s in die tweede ronde van die Standard Bank Big Bash T20-reeks, onder andere die verdedigen­de kampioen, Hungry Lions, wat soos verlede week, weer vasgeval het.

Hungry Lions, het teen 'n begeesterd­e Legends met slegs ses lopies aan die einde van hul kolfbeurt verloor.

In die wedstryd tussen Champs en Firestones was dit 'n naelbytaff­êre.

Alhoewel Champs se toporde aanvanklik gewankel het met 44 vir die verlies van sewe paaltjies, het die oorblywend­e stertkantk­olwers hul kant deeglik gebring en 'n addisionel­e 42 lopies op die telbord geplaas.

In Firestones se jaagtog van 87 lopies het Champs gereeld paaltjies ingeoes, maar was skuldig aan te veel los balle wat hul teenstande­rs na die grens toe gejaag het. Firestones wen uiteindeli­k met twee paaltjies.

Pro Stars het op sy beurt die Underdogs 'n krieketles geleer en 'n allemintig­e 110 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte opgestapel. Dit was 'n vergeetbar­e dag vir die Underdogs wat in antwoord, slegs 'n skandelike 10 lopies bymekaar kon skraap.

In 'n aksiebelaa­ide wedstryd teen die Team Players het Oukas Sunrisers 95 lopies opgestapel in hul kolfbeurt. Team Players is met vyf boulbeurte (30 balle) oor en

slegs vyf lopies kort van die teiken, almal uitgeboul.

Hunters was in hul wedstryd teen Tornado's goed op pad na 'n oorwinning toe Hunters soos dominoes eenvoudig inmekaar getuimel het. Die manne in oranje het 'n beskeie teiken van 54 lopies gejaag van 120 balle, maar is uiteindeli­k almal uitgeboend­er vir 45 lopies.

Met hierdie oorwinning beklee Tornado's tesame met Legends, Pro Stars en Firestones nou die boonste posisie op die punteleer met agt punte na twee wedstryde.

 ?? Foto: Ebenezer Titus ?? Een van Tornado’s se spelers moker die bal grens toe.
Foto: Ebenezer Titus Een van Tornado’s se spelers moker die bal grens toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa