Oudtshoorn Courant

ICOSA-skorsings onwettig

- DEON MEYER

Die skorsing van Jeffrey Donson, president van Icosa en burgemeest­er van Kannaland-munisipali­teit en sy seun Vlancio Donson, 'n lid van die ICOSAnasio­nale uitvoerend­e komitee (NUK) en onderburge­meester van die Oudtshoorn-munisipali­teit, is deur die NUK as ongeldig verklaar.

Dawid Kamfer, Icosa se provinsial­e voorsitter, het dié twee Icosa-lede verlede week geskors.

Kamfer, het in 'n verklaring aangekondi­g dat Jeffrey Donson weens growwe wangedrag en die feit dat sy reputasie die party oneer bring, geskors is. Luidens die verklaring het Jeffery, sedert sy verkiesing as president, geen waarde toegevoeg tot die party nie. Vlancio is ook geskors omdat hy die party in oneer gebring het.

Jeffrey het oor sy skorsing gesê dat Kamfer ongrondwet­lik en volgens prosedure verkeerd opgetree het. "Hoe kan ‘n provinsial­e voorsitter lede van die NUK skors? Ons het die meerderhei­d in die NUK en die provinsial­e uitvoerend­e komitee. In politiek gaan dit oor getalle en niks anders nie." Kamfer het op sy beurt gesê, "Hy is wettiglik verkies tot tussentyds­e leier deur die meerderhei­d. Diegene in Riviersond­erend verkies is die tussentyds­e komitee.”

In die jongste persverkla­ring wat Maandag deur Nadia Blaauw uitgereik, sê Icosa dat die NUK 'n vergaderin­g in Oudtshoorn gehou het en dat daar bevind is dat die skorsing onwettig was.

"Die provinsial­e uitvoerend­e komitee het ‘n mosie van wantroue in Dawid Kamfer, sowel Benjamin Marsala, die provinsial­e ondervoors­itter, ingestel waar hulle dan ook uit hul posisies verwyder is. Dit is na die NUK verwys en aanvaar. Die nuwe provinsial­e voorsitter is nou Bianca Booysen en Gert Uithaler die provinsial­e ondervoors­itter.” Verder beklemtoon Icosa, dat die verkiesing van Kamfer as interim president van Icosa en Marsala as interim provinsial­e voorsitter gedoen is om verdeeldhe­id te saai en nie deur die NUK erken word nie.

Die NUK in Oudtshoorn het ook die resolusie aanvaar dat die volgende nasionale kongres op 8 en 9 Desember in Ladismith gehou sal word.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Dawid Kamfer en Jeffrey Donson in beter dae.
Foto: Deon Meyer Dawid Kamfer en Jeffrey Donson in beter dae.
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Vlancio Donson
Foto: Wyndham Ewerts Vlancio Donson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa