Oudtshoorn Courant

Nuwe drukgroep DPS bekendgest­el

- WYNDHAM EWERTS

‘n Nuwe drukgroep, Death Penalty Supporters (DPS) is onlangs in Oudtshoorn gestig. Volgens DPS se leier, Glen Snyman, is die organisasi­e gestig omdat Suid-Afrika 'n buitengewo­ne hoë moordsyfer en kultuur het.

"In ons land word tans tussen 60 en 80 moorde per dag gepleeg, en ongeveer

22 000 plus moorde per jaar Geweldsmis­daad, verkragtin­g en roof het onbeheerba­ar geraak en om daaroor in die nuus te rapporteer, is nie eens meer “nuus” nie, want dit is deel van ons alledaagse bestaan.

“Sekere mense lewe in vrees vir hulle lewe, want sekere buurte is veilig en andere is onveilig. Ons sê genoeg is genoeg, en ons gaan die regering aanmoedig om die doodstraf weer in te stel vir mense wat doelbewus hulle hande aan andere se lewe slaan. As jy andere se reg op lewe neem, dan moet jou reg op lewe geneem word. Hierdie is ’n organisasi­e wat ons op die been gebring het vir die toekomstig­e generasie van SuidAfrika. Teen hierdie pas van morele verval wat ons land en gemeenskap op afstuur, sal die leiers van die toekoms hierdie oplossing eerder moet oorweeg om sodoende orde en respek vir lewe in ons gemeenskap te herstel.

“Ons tronke is tans oorvol en die staat se belastingk­as kan nie meer die finansiële las hiervan dra nie. Ons vra ook, wie se plig is dit om die kwaaddoene­rs te vergewe?" Snyman sê verder dat dit DPS se voornemens is om alle mense op te voed rondom die idée van die doodstraf en terselfder­tyd ook ondersteun­ing gaan werf vanuit elke dorp in die land. Dit is DPS se doelwit om die publiek aan te moedig om te stem vir politieke partye wat vir die doodstraf steun.

Volgens Snyman gaan DPS binnekort die parlement petisionee­r om 'n nasionale referendum te roep oor die doodstraf om sodoende die grondwet hieroor te verander.

Snyman verduideli­k dat oortreders moet boet vir hul dade: "Ons glo in retribusie; 'n lewe vir 'n lewe. Sekere persone kan nie gerehabili­teer word nie, of wil ook nie gerehabili­teer word nie.

"Die publiek kan 'n groot rol speel hierin om op te hou om kwaaddoene­rs te beskerm deur hulle verkeerde dade goed te praat en moet eerder stem vir effektiewe strafmaatr­eëls in ons samelewing."

Meer inligting oor die nuwe drukgroep is beskikbaar by die webtuiste www. dpsupporte­rs.co.za.

 ?? Foto verskaf ?? Van links is DPSlede: Awie Hendricks, Cardo Coerecius, George Wheeler, Schapiro Micheals en Delmain Davids. Agter is Glen Snyman (stigter).
Foto verskaf Van links is DPSlede: Awie Hendricks, Cardo Coerecius, George Wheeler, Schapiro Micheals en Delmain Davids. Agter is Glen Snyman (stigter).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa