Oudtshoorn Courant

Blossoms gereed om water te lewer

- STEFAN GOOSEN

Die Blossoms-noodwaterp­rojek, wat water aan Oudtshoorn en omliggende gebiede sal verskaf, is gereed om in werking gestel te word, behalwe vir een kinkel in die kabel: Eskom.

Die pyplyn, wat in sy eerste fase drie boorgate in werking stel, is Woensdag 4 Oktober amptelik bekendgest­el tydens 'n geleenthei­d by Chandelier Wildsplaas, sowat 9 km buite Oudtshoorn op pad na George.

Amptenare en raadslede van die Oudtshoorn-munisipali­teit, rolspelers betrokke by die projek, sowel as WesKaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, was teenwoordi­g. Almal is na 'n voorleggin­g van Chris Swart, senior bestuurder van water en sanitasie in Oudtshoorn, op 'n toer van die pyplyn, pompstasie en sommige van die boorgate geneem.

Die projek, wat na lang afwagting reeds in Augustus voltooi is, beoog om watertoega­nklikheid in die omgewing te verbeter.

Bredell het in sy spreekbeur­t gesê dat projekte soos hierdie bydra om die kritieke belangrikh­eid daarvan om betroubare en volhoubare toegang tot waterbronn­e te verseker en te beskerm aanspreek. "Om 'n waardige lewe vir mense te belowe, moet jy vir hulle water gee," het hy gesê.

Hy het die Groter Oudtshoorn­munisipali­teit en departemen­t van water en sanitasie (DWS) geprys vir hul toewyding tot die ontwikkeli­ng en implemente­ring van die projek.

Swart, in sy kapasiteit as senior bestuurder van water en sanitasie in Oudtshoorn, het oor die projek uitgebrei.

Hy het gesê die hart van hierdie projek lê in 'n pyplyn van 22 km wat by die hoofboorga­t op die Kleinfonte­inplaas in die Blossomsom­gewing begin vanwaar dit oor 1,5 km na 'n pompstasie en reservoir gepomp word.

Water word volgens Swart uit die sekondêre boorgate ook na die pompstasie en reservoir gepomp. Vanaf hierdie reservoir word water teen 48 liter per sekonde gepomp na die hoofreserv­oir 2,5 km verder op die plaas, Chandelier. Vanuit hierdie reservoir sal water langs 'n pyplyn van 17 km graviteer, en die Olifantsri­vier oorsteek via die ou padbrug net buite Oudtshoorn. Daar word die water verdeel met van die toevoer wat na die Landelike Waterskema gaan en die res na die Oos-reservoir naby die korrektiew­e dienste-terrein om die watertoevo­er na die dorp te vergroot.

Hierdie fase van die projek beloop tans 'n koste van byna R100 miljoen.

Die laaste struikelbl­ok, een van vele wat tydens die projek ondervind is, is Eskom.

Luidens 'n verklaring van die munisipali­teit moet daar nog kragkabels geïnstalle­er word, veral by die pompstasie. "Terwyl ons op die drumpel van transforma­sie staan, is daar nog 'n laaste belangrike stukkie van die legkaart: die installeri­ng van kraglyne deur Eskom. Sodra dit afgehandel is, sal die Blossoms-waterproje­k ten volle operasione­el wees, wat vars hoop en lewenskrag na ons gemeenskap en gebiede so ver as Calitzdorp sal bring," lui die verklaring.

Volgens die munisipali­teit lyk die toekoms vir Oudtshoorn en sy landelike gemeenskap­pe helderder met die voltooide

Blossoms-waterproje­k.

Die projek beloof om 4 150 kl water aan

Oudtshoorn en omliggende landelike gebiede te verskaf.

 ?? Foto’s: Stefan Goosen ?? Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell (voor links) en Oudtshoorn-burgemeest­er Chris Macpherson (regs) saam met ander raadslede en rolspelers van die Blossoms-projek.
Foto’s: Stefan Goosen Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell (voor links) en Oudtshoorn-burgemeest­er Chris Macpherson (regs) saam met ander raadslede en rolspelers van die Blossoms-projek.
 ?? ?? Die Chandelier-reservoir, een van die versamelpu­nte van die water wat uit die Blossoms-projek se boorgate gepomp word.
Die Chandelier-reservoir, een van die versamelpu­nte van die water wat uit die Blossoms-projek se boorgate gepomp word.
 ?? ?? Een van die boorgate van die Blossoms-projek word besoek deur rolspelers van die projek.
Een van die boorgate van die Blossoms-projek word besoek deur rolspelers van die projek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa