Oudtshoorn Courant

Agt kerke vier 56ste UCCSA-Dag

- GARNETT WICOMB

UCCSA-Dag is Sondag deur gemeentele­de van agt United Congregati­onal Churches (Sone 2 in die Outeniquas­treek) in die Dysselsdor­p United Congregati­onal Church gevier. Die oggend se verrigting­e het begin met ‘n optog gelei deur ‘n gesamentli­ke brigadeork­es.

Dit was die 56ste herdenking van die stigting van die United Congregati­onal Churches of Southern Africa (UCCSA) op 3 Oktober 1967 in Durban.

Die diens is gelei deur eerw. Johannes Muggels van die Oudtshoorn United

Congregati­onal Church, terwyl eerw. Assur Waarts van Dysselsdor­p die boodskap na aanleiding van Romeine 8 en Johannes 16 gebring het.

Kerse is tydens die diens aangesteek vir die sewe lande in Afrika wat aan UCCSA behoort naamlik Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek, Namibië, Zimbabwe, Angola en Malawi asook vir die agt kerke in Sone 2 naamlik Calitzdorp, Oudtshoorn, Weyers Memorial Bridgton, Toekomsrus, Bongolethu, Dysselsdor­p en Henry J Blazey Memorial De Rust.

Die diens is opgehelder deur die koorsang van die Sone 2-koor en ‘n gesamentli­ke brigade-orkes.

Interessan­te feite

UCCSA is op 3 Oktober 1967 in Durban gestig toe die London Missionary Society, die Congregati­onal Union of South Africa, die American Board Mission en die Bantu Congregati­onal Church saamgesmel­t het.

Die eerste Sondag in Oktober is toe bepaal as UCCSA-Dag met die hoofdoel om fees te vier en te reflekteer op die reis tot dusver as ‘n UCCSA-familie.

Die oudste Congregati­onal Church in die Outeniqua-streek is Pacaltsdor­p, gevolg deur Matjiesriv­ier, Dysselsdor­p en Oudtshoorn.

In Sone 1 van die Outeniqua-streek is UCCSA-dag Sondag in die Groot-Brakrivier kerk gevier.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Sondagskoo­lkinders het kerse tydens UCCSA-dag aangesteek.
Foto: Garnett Wicomb Sondagskoo­lkinders het kerse tydens UCCSA-dag aangesteek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa