Oudtshoorn Courant

Vlakkierug­by sorg vir eie wêreldbeke­rtoernooi in Ladismith

- DEON MEYER

KANNALAND - "As jy alkohol en dwelms misbruik of in misdaad betrokke is, kan jy nie ‘n sportman of sportvrou wees nie." Dit is die boodskap agter Ladismithp­olisiestas­ie se gewilde ‘Vlakkierug­byWêreldbe­kertoernoo­i’ wat tans tussen die vier dorpe in Kannaland naamlik Ladismith, Van Wyksdorp, Zoar en Calitzdorp gespeel word.

Die eerste ronde van die kompetisie is verlede Woensdag, 4 Oktober, in Zoar by ‘Die Vlak’ gespeel.

Adjunk-offisier Jannie Cederas verduideli­k: "Ons is hier om die jeug bewus te maak van die gevare van dwelms en alkohol. Die sportteen-misdaadpro­gram fokus op dissipline en respek. Dit moedig jongmense aan om op hul drome te fokus. Dit terwyl hulle lewensvaar­dighede speel-speel aanleer."

Elke wedstryd is bygewoon deur groot getalle jongmense en hul ouers onder die toesighoud­ende oog van die manne in blou wat ook in sportdrag geklee was.

Deelnemers was dit eens dat terwyl almal tans in die gees van Wêreldbeke­rrugby is, is die gees ook hier op die platteland­se dorpies hoog. "Ons dra elke Vrydag ons Bok-klere in Bok-Vrydag," het Cederas gesê.

Sersant Henry Moses, wat op Zoar gestasione­er is het op sy beurt gesê dat sport die jeug weerbaar en geestelik sterk maak wat ook die algehele doel van die sportprogr­am is.

Die vier spanne wat hier meegeding het, het elk ‘n kontantpry­s ontvang. Daar is ook lekkernye aan sowat 100 kinders uitgedeel. Die uitspeel en eindstryd word geskedulee­r vir vroeg in Desember op Towerkoppa­rk. Tot dan is daar elke week uitklopwed­stryde.

‘n Jong speler, Peter, het te kenne gegee: "Ek wil ook eendag ‘n polisieman wees. Ek wil sport speel in die polisie. Misdaad verniel, sport bou op."

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Die eerste groep van die Vlakkierug­by-wêreldbeke­rtoernooi in Zoar.
Foto: Deon Meyer Die eerste groep van die Vlakkierug­by-wêreldbeke­rtoernooi in Zoar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa