Oudtshoorn Courant

Julies wil De Rust se jeug weer laat droom

- WILHELM DE SWARDT

Werner Julies gaan Saterdag 7 Oktober tydens die Optimum Meiringspo­ort (21,1 km en 12,5 km) - wedloop probeer regkry wat bitter min, waarskynli­k geen, De Ruster nog reggekry het nie; en dit is om 'n goue medalje in 'n Optimum Meiringspo­ort (21,1 km en 12,5 km) - wedloop te wen.

Volgens Julies is daar ’n goeie rede waarom hy graag wil wen:

"Ek wil bittergraa­g aan De Rust se jongmense wys dat drome nog waar kan word. Dwelm- en drankmisbr­uik is 'n groot probleem onder die dorp se jeug. Ek dink dit gebeur omdat jongmense opgee op die lewe en dit is jammer. As dit nie vir my passie vir sport was nie, kon my lewe baie anders uitgedraai het. Sport het my geleer vasbyt en om gedissipli­neerd te wees."

Julies vertel verder dat hy aanvanklik krieket en vlugbal vir Hoërskool De Rust gespeel het voordat hy na skool vir De Rust

United se sokkerspan uitgedraf het.

"Die hardloopgo­gga het my maar verlede jaar gebyt, uit blote nuuskierig­heid. Ek het terloops gehoor van die De Rust "Trail Run" en omdat ek hou van uitdagings het ek toe maar besluit om in te skryf. Tot my verbasing het ek vierde in die 9,5 km-wedloop geëindig. Hierdie uitslag het my lewe verander. Ek het diep binne geweet ek kan beter doen as ek harder oefen. My grootste motivering elke dag is die wil om môre beter te wees as wat ek vandag is," sê Julies.

Met so 'n gesindheid is dit geen verrassing dat Julies oor die afgelope paar maande 'n hele paar keer op die trappies van verskeie podiums gestaan het nie. Een van sy eerste groot deurbrake was toe hy verlede jaar derde in die Optimum Meiringspo­ort se 12,5km-wedloop geëindig het.

Wat Julies se vertonings in wedlope merkwaardi­g maak is dat hy as amateur, beroepsatl­ete die stryd aansê. Dit is nie altyd maklik nie. Meeste van die atlete wat in die kleure van die groot beroepsklu­bs deelneem, se inskrywing­sgelde en vervoerkos­te na wedlope word geborg. Baie van hulle beskik ook oor 'n skoenborg en kry ook vitamienaa­nvullings tesame met afrigters wat die atlete bystaan. Ten spyte daarvan dat Julies gematrikul­eer het, sukkel Julies tans om werk te kry. Die kere wat hy wel werk, is dit as 'n skoonmaker.

"Ek kla nie. Die lewe is vol uitdagings en as jy dit nie met 100% oorgawe aandurf nie, gaan jy altyd misluk. Dit gaan partykeer maar moeilik om by wedlope uit te kom. Maar daar is mense wat goed is vir my. Ek is ongeloofli­ke dank aan Pieter en Elbe Schoeman verskuldig. Hulle gaan uit hul pad om my te help. Hulle het al soveel keer vir my nuwe drafskoene gekoop. Ek is nie 'n groot voorstaand­er van vitamienaa­nvullings nie. 'n Mens moet gebruik wat die natuur vir jou gee. Daarom eet ek baie vrugte. Dit gee my energie en hou my gesond."

Julies glo vas dat hy die Optimum Meiringspo­ort 12,5 km-wedloop kan wen.

"Dit is my droom. As my bene dit toelaat, gaan ek soos die wind hardloop. En as ek wen, hoop ek dit inspireer jongmense om weer te begin droom."

 ?? Foto verskaf ?? Werner Julies van De Rust gaan eerskomend­e Saterdag sy alles gee om die Optimum Meiringspo­ort-wedloop te wen.
Foto verskaf Werner Julies van De Rust gaan eerskomend­e Saterdag sy alles gee om die Optimum Meiringspo­ort-wedloop te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa