Oudtshoorn Courant

Badgers wen dramatiese T20-wedstryd teen Titans

- WYNDHAM EWERTS

Die Six Gunn Grill Garden Route het verlede Sondag, in 'n dramatiese KSA T20wedstry­d by die Oudtshoorn-sportterre­in, vir Fidelity Titans met die kous oor die kop huis toe gestuur nadat beide spanne met 132 lopies geëindig het na hul onderskeie toegelate 20 boulbeurte.

Die wedstryd moes toe deur middel van 'n super-boulbeurt beslis word met die Titans wat eerste gekolf het. Die besoekers het 'n skaflike agt lopies op die telbord geplaas wat beteken het dat die Badgers nege lopies van ses balle moes aanteken vir 'n oorwinning wat nog lank onthou sal word.

In hul kolfbeurt het die tuisspan se aanvangspa­ar Ashakhe Nyovane (3*) en Julia Hoal (4*) tesame met twee ekstras verseker dat die Badgers die wa deur die drift trek; tot groot vermaak van die toeskouers teenwoordi­g.

'n Ekstatiese Jané Winster, kaptein van die Badgers, het na die wedstryd gesê dat hul oorwinning 'n droombegin vir hul span was.

"Om hierdie pressure moments uit die pad te kry voorspel net goeie dinge vir die res van ons veldtog. In retrospek het dit baie geestelike energie gevat om koel en kalm te bly, maar gelukkig kon ons toe deurdruk. Die spelers het vandag weereens bewys wat moontlik is met karakter en deursettin­gsvermoë. Ons besef maar terdeë dat daar nog harde werk voorlê vir ons veral in ons eendagspel, maar vir nou vier ons hierdie belangrike wen teen Titans," het Winster gesê.

Wat hierdie oorwinning selfs soeter maak is die feit dat die Badgers sonder hul staatmaker­s, Tazmin Brits en Mieke Ridder, gespeel het wat vir Proteas nasionale vrouespan opgeroep is. Six Gun Grill Garden Route Badgers T20-kolfbeurt Badgers se kolwers teken 132/3 lopies aan na 20 boulbeurte: Ashakhe Nyovane 54 (40 balle) Thabita la Grange 29 (47 balle) Fedility Titans se boulsyfers: Josephine Maswangane 1/11 Ricea Coetzer 1/19 Fidelity Titans se kolfbeurt Titans se kolwers teken 132 almal uit na 20 boulbeurte

Robyn Searle 66* (57 balle), Tebofa Macheke 24 (28 balle)

Badgers se boulsyfers:

Julandi Saayman 3/17, Khayakazi Mathe 2/26

Nyovane is na die T20-wedstryd as speler van die wedstryd aangewys.

Eendagweds­tryd

In die voorafgaan­de eendagweds­tryd teen Titans wat Saterdag gespeel is, het

die tuisspan in die hek geduik met 160 lopies. Die Titans het eerste gekolf en 'n intimidere­nde 275 lopies almal uit aangeteken in die 43ste boulbeurt. Slegs die Badgers se boulers Khayakaze Mathe 2/47 en Julandi Saayman 1/37 kon enigsins hond haaraf maak met die besoekers se flitsende

kolwe.

Weens telborddru­k kon die Badgers in hul kolfbeurt van meet af nie met die kolftempo per boulbeurt volhou nie en is gevolglik vir 115 lopies in die 32ste boulbeurt almal uitgeboend­er.

Slegs Julia Hoal 36 (37 balle) en Koketso

Manyanga 15 (43 balle) kon enigsins weerstand bied teen akkurate boulwerk van die besoekers.

Badgers se volgende wedstryd in Krieket Suid-Afrika se uitdaagree­ks is die van die 21ste Oktober teen Titans in Pretoria op hul tuisveld.

 ?? ?? Ashakhe Nyovane het in die T20-wedstryd ‘n verwoesten­de 54 lopies van slegs 40 balle aangeteken. Foto’s: Ebenezer Titus
Ashakhe Nyovane het in die T20-wedstryd ‘n verwoesten­de 54 lopies van slegs 40 balle aangeteken. Foto’s: Ebenezer Titus
 ?? ?? Suinige veldwerk deur die Badgers het waardevoll­e lopies gekeer.
Suinige veldwerk deur die Badgers het waardevoll­e lopies gekeer.
 ?? ?? Die bouler Julandi Saaiman vier een van haar slagoffers.
Die bouler Julandi Saaiman vier een van haar slagoffers.
 ?? ?? Julia Hoal speel ‘n kaphou deur die dekke.
Julia Hoal speel ‘n kaphou deur die dekke.
 ?? ?? Faith de Jonck in aksie.
Faith de Jonck in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa