Oudtshoorn Courant

Geliefde All Blacks-speler sterf

- LIEZL VAN NIEKERK

"Sydwell het 'n passie vir rugby gehad en het altyd sy hart uitge- speel. Hierdie keer het hy amper letterlik sy hart op die veld gelos."

So het Rodney Gelant, Sydwell Muller (34) se broer die week aan Oudtshoorn Courant gesê.

Muller is Saterdag oorlede na hy vermoedeli­k 'n hartaanval op die veld gehad het. Hy was 'n kranige sportman en het reeds van 17-jarige ouderdom vir All Blacks in Oudtshoorn gespeel. Sy span het Saterdag in Sedgefield teen die Eagles gespeel. Muller was verbonde aan die SANDF in

Potchefstr­oom, waarna hy vir 'n wyle by Virgin Active in George gewerk het. Hy het onlangs na Oudtshoorn teruggekee­r en het veral op sy werk as persoonlik­e afrigter gefokus.

Volgens sy ma, Christene Muller, wat ook 'n raadslid by die Oudtshoorn­munisipali­teit is, het sy Saterdag 'n oproep gekry om te sê dat haar seun aan die begin van die tweede helfte op die veld inmekaarge­sak het.

"Hulle het gesê dat paramedici besig was met CPR, maar ek het gesê hulle moet ophou. My hart kon voel hy is nie meer hier nie. Blykbaar het hy 'n bal vir sy spanmaat gegooi, sy bors vasgegryp en geval. Toe ons in Sedgefield aankom was hulle steeds besig om hom te probeer bybring." Damon Gysman, voorsitter van All Blacks-rugbyklub, het gesê die span is steeds in skok en sal vandeeswee­k berading ontvang.

"Dit was ons laaste ligawedstr­yd en dit was nogal spanningsv­ol, want ons wou 'n tuishalfei­ndstryd hê. Ons is besig om profession­ele hulp vir ons almal te kry. As voorsitter is ek verward oor hoe dit met so 'n sterk jong man kon gebeur," het hy gesê.

Gysman het gesê Muller was in 'n goeie gees voor die rugbywedst­ryd Saterdag.

"Hy was gelukkig en gereed vir aksie soos gewoonlik. Hy het onlangs pa

geword, so dit het hom gelukkiger gemaak. Hy was passievol oor rugby. Ons probeer die verlies hanteer en bied ons innige meegevoel aan sy familie," het hy gesê.

Muller se seuntjie, Cayine van Niekerk, was die week een week oud.

Gelant sê sy broer was 'n persoon met die grootste respek vir almal.

"Ek en hy was baie na aan mekaar. Tussen sy vriende was hy die entertaine­r en die beskermeng­el en die omgeemens. Selfs sy vriende het die week gesê Sydwell was 'n lieflike mens. As gesin was en is ons verras oor die hoeveelhei­d pragtige omgeeboods­kappe van heinde en ver. Nooit

sou ons kon dink dat hy in sy kort leeftyd soveel mense met sy mooi persoonlik­heid aangeraak het nie."

Muller is Saterdag oorlede na hy vermoedeli­k ‘n hartaanval op die veld gehad het.

Hy laat sy ma, broer, Lee-Ann Gelant (suster), Jada (susterskin­d), oudste broer Randall, sy meisie, Nikayla en seun agter. Die roudienste is as volg:

Vandag om 17:00 sal daar 'n verbyrit by Muller se huis in Prinsstraa­t, Bridgton, Oudtshoorn wees. Voertuie gaan op die hoek van Rossouw- en Berginstra­at bymekaarko­m.

Saterdag se diens begin 11:00 by die huis in Prinsstraa­t en die roudiens is om 12:00 by die VGK.

 ?? ?? Van links is Sydwell Muller, Lee-Ann Gelant, Jada Gelant, Christine Muller en Rodney Gelant.
Van links is Sydwell Muller, Lee-Ann Gelant, Jada Gelant, Christine Muller en Rodney Gelant.
 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Nikayla van Niekerk, met haar en Sydwell se seun, Cayine.
Foto: Liezl van Niekerk Nikayla van Niekerk, met haar en Sydwell se seun, Cayine.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa