Oudtshoorn Courant

Samwu-lede op ‘spesiale verlof’ geplaas

- STEFAN GOOSEN Lees meer by www.oudtshoorn­courant.com

Ses vakbondver­teenwoordi­gers van Samwu (Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersuni­e), is onlangs op 'spesiale verlof' geplaas na aanleiding van hul aksie tydens 'n raadsverga­dering op 22 September waar hulle die raadsaal binnegegaa­n het en geweier het dat raadslede die saal verlaat voordat hulle 'n memorandum kon voorlees.

Oudtshoorn Courant het in die uitgawe van 29 September berig dat 'n groep Samwulede die vergaderin­g binnegekom het en dit geblyk het dat hulle raadslede keer om die raadsaal te verlaat. Samwu-lede het voor die deur gestaan en onder meer in ’n woordewiss­eling met raadslede betrokke geraak.

Die unie se sekretaris Amy Sylvester het gesê die raadsverga­dering was die mees gepaste plek om 'n memorandum te oorhandig.

"Ons is siek en sat daarvoor om stil te bly oor alles. Ons moes dit in die raadsverga­dering doen sodat die hele raad kan sien wat eintlik aangaan," het sy toe gesê.

Die Samwu-memorandum het vele punte bevat, onder meer kwessies oor beweerde onwettige aanstellin­gs, inmenging met administra­sie en die toestand van munisipale geboue en beroepsges­ondheid en -veiligheid.

In 'n verklaring op daardie insident, uitgereik deur munisipale woordvoerd­er Aurelia Mle, is gesê dat Samwu die raadsverga­dering "onaangekon­dig" binnegegaa­n het met die mikpunt daarop om hul memorandum aan alle raadslede voor te lees en aan die burgemeest­er te oorhandig.

"Die ontwrigten­de optrede het ingesluit om die deure van die raadsaal te blokkeer en enigiemand te verhoed om te vertrek totdat hulle 'n spreekbeur­t gegun is," het die verklaring gelui.

 ?? ?? SAMWU-lede (staande) tydens die raadsverga­dering van 22 September. Foto: Stefan Goosen
SAMWU-lede (staande) tydens die raadsverga­dering van 22 September. Foto: Stefan Goosen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa