Oudtshoorn Courant

Hooggeregs­hofbevel teen swart sak-aksie

- STEFAN GOOSEN

'n Hooggeregs­hofsaak wat deur die Oudtshoorn-munisipali­teit aanhangig gemaak is teen Arno Greyling, organiseer­der van onlangse swart sak-aksie in Oudtshoorn - is Vrydag 13 Oktober in Kaapstad afgehandel.

Greyling het sedert Augustus twee swart sak-aksies op die oop stuk grond oorkant die Oudtshoorn-munisipali­teit se geboue in Voortrekke­rweg gereël, wat geverg het dat inwoners hul vullissakk­e daar kom plaas in protes teen "buitenspor­ige hoë" munisipale tariewe, soos Greyling dit beskryf het.

Met sy mees onlangse aksie het hy homself op 6 Oktober aan die, Ek is Oudtshoorn-teken, op dieselfde grasperk vasgeketti­ng.

Uitspraak

Luidens 'n verklaring van die munisipali­teit, uitgereik deur woordvoerd­er Aurelia Mle, het die uitspraak die volgende punte tot betrekking:

Die respondent word verbied om enige afval te stort, op te gaar, te plaas, te deponeer of los, soos omskryf in Artikel 1 van die Verordenin­g, of veroorsaak dat afval gestort, opgegaar, geplaas, gedeponeer of gelaat word op enige plek wat in Artikels 16(1)(b)(i) tot (iv) van die Verordenin­g geïdentifi­seer word en geleë binne die aansoeker se munisipale grense.

Gedrag aan die kant van die respondent, en veral in die konteks van die woord “veroorsaak” in die vorige punt, sal die volgende insluit: persoonlik­e interaksie­s tussen die respondent en enige ander lede van die publiek; skriftelik­e korrespond­ensie, hetsy in hardekopie vorm of in elektronie­se vorm; telefonies­e en ander vorme van oudiokommu­nikasie; plasings op enige vorm van sosiale media-platforms; en interaksie­s met enige koerante, hetsy nasionaal, plaaslik of elektronie­s.

Volgens die verklaring moet elke party sy eie koste aangaande die hofsaak betaal.

Munisipali­teit

In die munisipale verklaring het Walter Hendricks, munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, die munisipali­teit se standpunt uitgespree­k.

"Die munisipali­teit verwelkom die hof se uitspraak dat die swart sakke-voorval onwettig was. Die munisipali­teit kan nie die verontagsa­ming van wette toelaat nie. Dit behoort 'n duidelike boodskap aan alle oortreders te stuur. Dit is nie oor die individu nie, maar die oortreding van die wet. Die organiseer­der van die betogings is gewaarsku, maar hy het voortgegaa­n om die munisipali­teit uit te daag om hom te keer, en die uitspraak het bewys sy optrede was onwettig.”

Hendricks het luidens die verklaring verder beklemtoon dat die burgemeest­er, Chris Macpherson, dit duidelik gemaak het dat dit die reg van enige individu of groep is om te betoog solank hulle die regte prosedures volg en die land se wette respekteer.

"Ek het kennis geneem van die bekommerni­sse van ons belastingb­etalers en versoek dat ons saamwerk om die begroting te strukturee­r op 'n manier wat ons belastingb­etalers bevoordeel en terselfder­tyd effektiewe dienslewer­ing verseker," het Macpherson gesê.

Greyling

Greyling het op sy beurt aan Oudtshoorn Courant gesê dat sy aksies blykbaar as krimineel verklaar sou word, maar dat hierdie klag teruggetre­k is voor die hofverrigt­inge voortgesit is. "Dit het nie geslaag nie. Hulle het ook gevra dat ek stilgemaak word in terme van sosiale interaksie met die res van die lede van die drukgroep, maar dit het ook nie geslaag nie. Hulle het ook gevra dat daar 'n kostebevel teen my uitgereik moet word, en dit het ook nie geslaag nie."

Volgens Greyling is daar wel 'n interdik teen hom bekom dat hy nie meer swart sakke mag neersit of veroorsaak dat swart sakke neergesit word nie. "Dis 'n groot oorwinning vir ons, want elkeen dra nou sy eie kostes. Dit het ons derduisend­e rande gekos. Dit was 'n vreemde gedrag van die munisipali­teit," het hy gesê.

'n Groot groep Oudtshoorn­iete, insluitend sakelui en alledaagse inwoners, het meer as R45 000 ingesamel om Greyling met sy hofsaak te help.

 ?? Foto: Stefan Goosen ?? Arno Greyling (geketting aan bord met rooi hemp) saam met ondersteun­ers van sy protesveld­tog teen hoë munisipale tariewe.
Foto: Stefan Goosen Arno Greyling (geketting aan bord met rooi hemp) saam met ondersteun­ers van sy protesveld­tog teen hoë munisipale tariewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa