Oudtshoorn Courant

Lottering in hof

- GARNETT WICOMB EN LIEZL VAN NIEKERK

‘n Voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, Ronnie Lottering, wat nou in Wellington woon, en teregstaan op tien aanklagte van bedrog ten opsigte van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, het verlede Donderdag vlugtig in die Oudtshoorn-streekhof verskyn.

Lottering is in 2016 uit sy pos geskors hangende 'n interne ondersoek. Hy het vir bykans twee jaar voordat Oudtshoorn onder administra­sie geplaas is, waargeneem as munisipale bestuurder. Hy het kort na sy skorsing bedank.

Oudtshoorn Courant het in 2016 berig dat hy een van drie senior amptenare was wat onder die wolk van hangende ondersoeke bedank het. Die ondersoeke het verband gehou met bewerings van wanbestuur wat voor die administra­sietydperk plaasgevin­d het.

Die staatsaank­laer, Willem Vister, het die hof meegedeel dat die ondersoek voltooi is en die saak teen Lottering vir pleit en verhoor uitgestel kan word.

Lottering het volgens die klagstaat tussen Mei 2013 en April 2015 op onwettige wyse vir Imvusa Trading, Tremenders en Ihlati Communicat­ions as diensversk­affers vir die munisipali­teit aangestel aan wie miljoene rande betaal is.

Lottering het die hof Donderdag meegedeel dat hy om regshulp aansoek wil doen en die saak is deur landdros Elsie Schoeman vir ‘n

streekhofd­atum tot 2 November uitgestel.

Die beskuldigd­e is op waarskuwin­g vrygelaat.

Die burgemeest­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, Chris Macpherson, het gesê: "Ek is verheug dat die regsproses nou begin na jare lange ondersoeke ten opsigte van ongeruimdh­ede, bedrog en korrupsie wat voor 2016 aan die orde van die dag was. Die hooggeregs­hof het reeds in Oktober 2022 beslis dat Lottering aanspreekl­ik is vir R7,88 miljoen teenoor die munisipali­teit vir sy aandeel in die oortreding van munisipale wetgewing. Ek vertrou op die regsproses en glo dat die skuldiges aan die pen sal ry. Hierdie moet ook ‘n duidelike boodskap wees om amptenare te waarsku dat die wiel van die gereg wel stadig draai, maar dat daar vervolging sal plaasvind."

 ?? ?? Ronnie Lottering
Ronnie Lottering

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa