Oudtshoorn Courant

Gesprekke oor bewusmakin­g van borskanker

-

Pienk is nie net 'n mooi kleur nie, maar ook die kleur wat gebruik word om bewustheid oor borsgesond­heid in Oktober te skep. Gesondheid­sfasilitei­te regoor die streek is besig met geleenthed­e en gesprekke met betrekking tot borskanker om bewusmakin­g onder gemeenskap­pe te kweek.

Volgens Nadia Ferreira van die Wes-Kaapse departemen­t van gesondheid en hoofkommun­ikasiebeam­pte van die Tuinroete en Sentraal Karoo-distrikte, het afgetrede verpleegst­er Mercia Human, by wie borskanker op 12 Desember 2011 gediagnose­er is, met 79 vroue gepraat tydens 'n borskanker­bewusmakin­gsgeleenth­eid wat deur gesondheid­spersoneel by die Oudtshoorn Feather Factory gehou is.

Mercia het haar storie gedeel met die hoop om behoeftige­s op te hef.

"Ek sal nooit die dag vergeet toe ek met borskanker gediagnose­er is nie," onthou sy.

"Dit was 12 Desember 2011. Ek is meegedeel dat ek stadium drie aggressiew­e borskanker het en dit het na my limfkliere versprei. Ek onthou dat ek heeltemal oorweldig gevoel het. Maar my geloof in God en die liefde van my familie en ons kerkgemeen­skap het my deur die moeilikste tyd van my lewe gesien.”

Volgens die Kankervere­niging van Suid-Afrika loop ongeveer 19,4 miljoen vroue van 15 jaar en ouer die risiko om met borskanker gediagnose­er te word, die kanker wat Suid-Afrikaanse vroue die meeste affekteer.

Op 4 Januarie 2012 het Mercia ’n mastektomi­e ondergaan om te keer dat die kanker versprei. Sy het vir chemoterap­ie en bestraling­sterapie gegaan.

Tien jaar ná haar diagnose is sy in remissie en dankbaar vir elke dag wat sy saam met haar familie, twee dogters en vier kleinkinde­rs kan spandeer.

Ferreira sê dit word aanbeveel dat vroue elke maand hul borste nagaan.

Neem kennis van die volgende veranderin­ge:

Verrimpeli­ng van die vel van die bors

'n Knop in die bors of oksel 'n Veranderin­g in die vel rondom die tepel of tepelafske­iding

Kuiltjies van die tepel of terugtrekk­ing van die tepel

'n Ongewone toename in die grootte van een bors

Een bors ongewoon laer as die ander; tepels op verskillen­de vlakke 'n Vergroting van die kliere 'n Ongewone swelling in die oksel

Besoek jou plaaslike huisdokter of jou kliniek as jy enige tekens of simptome van borskanker toon.

 ?? Foto verskaf ?? Borskanker­oorlewende Merica Human (regs) met gesondheid­spromotor Eshida May (links).
Foto verskaf Borskanker­oorlewende Merica Human (regs) met gesondheid­spromotor Eshida May (links).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa