Oudtshoorn Courant

Wat laat ons agter?

- - Pieter Conradie

Daar is ‘n Afrika-gesegde wat lui dat dit ‘n hele gemeenskap neem om ‘n kind groot te maak. Dit was ‘n baie waar gesegde so 100 - 200 jaar gelede en ‘n hoogs gewaardeer­de praktyk as ek so rondom my waarneem dan is dit net bekommerni­s en teleurstel­ling dat ek moet erken dat dit in die meeste gevalle nie meer die geval is nie. Ek sien jong kinders van skoolgaand­e ouderdom wat dikwels in groepies van 5 of 7 ronddrente­l en is daar ‘n opvallend groter. Ek het ’n sterk vermoede dat dit die leier van die groep is en die begin van jong bendes. Hulle word groot as bedelaars en leeglêers, dus potensiële misdadiger­s.

My vraag: Hoekom is hulle nie in die skool nie? Is skoolgaan dan nie verpligten­d nie? Is dit nie ons ouers se plig om toe te sien dat hulle op skool is nie of is dit die departemen­t van onderwys se verantwoor­delikheid om hulle op skool te kry?

Ons het ons Erfenismaa­nd herleef. Die grootste erfenis wat ons as ouers aan ons kinders kan nalaat is ‘n goeie Christelik­e opvoeding. Hoe faal ons nie ons kinders as ons hulle nie kan help om op die regte pad te loop nie. Waarheen is ons (met ons kinders) op pad as ons hulle sonder ‘n padkaart die toekoms in stuur?

Ouers kan nie hul verantwoor­delikheid op die kerk of die staat afskuif nie. Van die staat gepraat. Ek blameer die staat wat die bevolkings­aanwas subsidieer deur ondeurdagt­e kindertoel­ae te betaal. Skooldogte­rs of hulle ouers wat swanger raak, bewustelik of onbewustel­ik behoort eintlik beboet te word inplaas van ‘n kindertoel­aag te ontvang. Waar is die tyd toe ‘n buite egtelike swangerska­p ‘n skande was. Nou, so lyk dit my, is dit ‘n statussimb­ool. Wanneer gaan die staat se oë oopgaan en die probleem sien vir wat dit werklik is. Ons land sit met ‘n oorvloed van probleme. Die bevolkings­groei is hoër as die ekonomiese groei.

Daar is werklooshe­id. Dit is makliker om ‘n toelaag te ontvang. Die kommunisti­ese stelsel poog om aan burgers toelaes te verskaf en slaag daarin. Suid-Afrika beleef ‘n erge tekort aan water. In 2009 toe prof. Anthony Turton in ‘n toespraak die staat se aandag daarop gevestig het, is hy summier uit sy pos ontslaan.

Die volgende sal ‘n voedseltek­ort wees, veral as die regering gaan volhou met sy grondhervo­rmingsbele­id.

Ons sal nooit genoeg skole, universite­ite, gesondheid­sdienste of huise kan voorsien nie. Die howe ervaar enorme druk om hofsake van diefstal, aanranding, moord, verkragtin­g van vroue en jong kinders af te handel.

Sommige eers na etlike jare en ander nooit. Met watter erfenis laat dit ons bevolking? Kan ons huidige regering trots wees op so ‘n nalatenska­p? Ons sal self moet inspring. Dit is reeds te laat wil ek byvoeg. Ons moet voor ons eie deur begin deur by ons kosbaarste besitting ons kinders. Asseblief, ek vra mooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa