Oudtshoorn Courant

Meiringspo­ort lok 1 000de

- WYNHDAM EWERTS

Die 29ste Optimum Meiringspo­orthalfmar­athon het verlede Saterdag sy voorafgaan­de reputasie gestand gedoen, en altesaam 3 354 inskrywing­s is vanjaar ontvang. Verrigting­e in De Rust het vroegdag reeds begin met duisende opgewonde atlete wat vanaf die dorp na Meiringspo­ort per vragmotor vervoer is, waar die beginpunt vir die 12,5 km ook was.

Die 21,1 km het nog 'n ent verder weg begin met beide afstande wat by die NG Kerk in De Rust geëindig het.

Oudtshoorn Courant, onder die vaandel van Group Editors, het ook vanjaar sy eie waterpunt behartig. Oudtshoorn­burgemeest­er Chris Macpherson het die atlete laat wegspring.

Die koel weersomsta­ndighede was perfek vir drafweer en dit was dus geen verrassing toe die De Ruster, Werner Julies in die eerste wedloop van die dag, die 12,5 km, die pas van die begin af dik aangemaak het nie.

Julies het voor die wedloop sy aspirasies vir vanjaar se Meiringspo­ort-halfmarath­on duidelik gemaak om hierdie wedloop te wen, 'n droom wat nie te vergesog geklink het nie in ag genome die fikse en gedugte teenstande­r wat hy is.

Volgens Julies het sy teenstande­rs

Rico van der Horst en die uiteindeli­ke wenner, Bernado Fredericks hom eers met 5 km oor ingehaal waarna hy algeheel derde geëindig het.

"Ek is baie tevrede met wat ek vermag het en ek glo dat ek elke jaar net sterker sal word. Op hierdie stadium is my grootste doelwit om aan die Comrades in 2026 deel te neem en al hierdie wedlope vorm deel van daardie voorbereid­ing. De Rust is maar 'n klein dorpie en ek wil graag 'n rolmodel vir almal hier rond wees om te bewys dat jy kan presteer as jy gedissipli­neerd is. Dan wil ek ook baie dankie sê aan my borge wat insluit al die omliggende plaasboere wat my droom ondersteun. Ek sukkel tans om 'n vaste werk te kry en sonder hulle sou die uitleef van my droom nie moontlik gewees het nie."

In die meer veeleisend­e 21,1 km het die Georgiet, Selwyn Matthews, hakskene gewys vir die res van die hoopvolle atlete deur 'n volle vier minute voor sy naaste teenstande­r te eindig. Sy tyd was 'n skitterend­e 1 uur, vier minute en 38 sekondes.

"Ek het vooraf geweet dat Francois Maquassa 'n moeilike atleet gaan wees om te klop, maar gelukkig het ek in die laaste drie kilometers genoeg in die tenk oorgehad om afstand tussen ons te sit. Daar is nog heelwat plek vir verbeterin­g in die uitvoering van my planne in die wedloop, so ek sal nie sê dat dit 'n flawless race was nie; maar vir nou sal ek hierdie wen vat en vier," het Matthews direk na die wedloop gesê.

Die vrouewenne­r van die 21,5 km, Leilanie Scheffer van Rustenburg was dit eens dat sy met drie kilometers oor besef het dat sy die eerste vrou oor die wedloop kan wees en vandaar af het sy nie weer teruggekyk nie. Die feit dat sy ook die eerste veteraan vir vroue bo die ouderdom van 40 jaar was het die kersie op die koek gesit.

Vanjaar se Optimum Meiringspo­orthalfmar­athon het oudergewoo­nte twee dae voor die wedloop weggesprin­g met 'n borgeaand afgesluit en met 'n heerlike braai en oopkroeg.

Gedurende die verrigting­e het die TikToksens­asie, Tino die verhoor vermaak met sy diep bariton-stem en flinke kitaarspel. Dit was veral sy liedjie, Katriena Malherbe wat die voete laat jeuk het en hy het welverdien­d na sy laaste liedjie 'n staande applous van die gehoor gekry.

Die wenners van die onderskeie kategorieë is as volg: Ope mans (21,1km) Selwyn Matthews (1:04:38) Francois Maquassa (1:08:18)

Keegan Cooke (1:09:59)

Ope Dames

Leilanie Scheffer (1:18:23) Melissa van Rensburg (1:19:56) Kaitlyn Wolff (1:22:36) 70+ mans

Trevor Parry (1:44:54) Chales Beaurain (1:57:53)

Johann Kotze (2:13:00)

70+ dames

Lida Olivier (2:23:48) Rina Machado (2:19:13) Heather Kennedy (2:36:38) Ope mans 12,5km Bernardo Fredericks (39:11) Rico van der Horst (40:10)

Werner Julies (41:05)

Ope dames 12,5km

Louis Dippenaar (50:23) Jandri Snyders (52:52) Louise Aucamp (55:35)

Mans 70-79 jaar oud

Peter Jakoby (1:9:46)

Koos Hanekom ( 1:22:35) Norman Newcombe ( 1:23:44)

Vroue 70-79 jaar oud

Michelle Whittingto­n (1:15:08 Diana Venter (1:28:01)

Jane Mouton (1:43:52)

Die oudste deelnemer was Beatrix de Villiers (81) en sy het die 12,5 km in 'n tyd van 1 uur en 57 minute voltooi wat dus beteken daar is dus geen verskoning vir Jan Rap en sy maat om ook volgende jaar aan tree nie!

 ?? ?? Leilanie Scheffer was die eerste vrou oor die wenstreep in die 21,1km.
Leilanie Scheffer was die eerste vrou oor die wenstreep in die 21,1km.
 ?? ?? Burgemeest­er Chris Macpherson het die atlete laat wegspring.
Burgemeest­er Chris Macpherson het die atlete laat wegspring.
 ?? ?? Selwyn Matthews kort na sy oorwinning.
Selwyn Matthews kort na sy oorwinning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa