Oudtshoorn Courant

Icosa se hofsaak uitgestel tot 2024

- DEON MEYER

Ten spyte van lopende hofsake en binnegeveg­te in Icosa, het dié party Saterdag 9 September, sy Nasionale Uitvoerend­e Kongres in die stadsaal van Ladismith gehou. Nuwe lede vir die NUK is hier gekies.

Die gebied rondom die stadsaal was in rooi getooi soos Icosa-lede voor die stadsaal tydens ‘n kort verdaging beraadslaa­g het. Onder hulle was bekendes soos Vlancio Donson en Barbara Owen, beide raadslede van Oudtshoorn, asook Klaas Leshloli die algemene sekretaris van die party uit Virginia in die Vrystaat.

Afgevaardi­gdes het van die Vrystaat, Oudtshoorn, Mosselbaai, George, Witzenberg, Boland, Ceres en omliggende streke na Ladismith gereis om hul nuwe bestuur te kies.

Petrus Roodman, 'n Icosa-lid en jare lange vriend van Jeffrey Donson, het die verkiesing­sproses behartig. ‘n Voorstel van Ricardo Herandien dat die eleksie van ampsdraers saam hanteer word is aanvaar.

Die nuwe NUK

In ‘n eenparige voorstel is Jeffrey Donson herkies as president van Icosa. ‘n Vrou van die Vrystaat, Solina Dial, is tot die pos van adjunk-president verkies om ook sodoende die geslagsgel­ykheidbegi­nsel duidelik te handhaaf.

Klaas Leshloli is tot algemene sekretaris verkies, Megaylin Apollis tot hulpsekret­aris, Barbara Owen is die nuwe nasionale voorsitter, Vlancio Donson die tesourier, Werner Meshoa is verkies tot die sameroeper van raadslede en Jan Cornelius is die nasionale organiseer­der. Daar is ook 11 addisionel­e lede verkies.

Jeffrey Donson het tydens sy toespraak gesê: "Niks in die lewe kom maklik nie. Werk hard aan die komende verkiesing, 2024 is om die draai. Ons is die stem vir die stemloses. Kom ons bou aan eenheid in die party.”

Dawid Kamfer, wat volgens die ander Icosa-groep die interim leier is het gesê: "Daar bestaan nie ‘n NUK nie. Die persone wat teenwoordi­g was, was nie almal lede nie. Ons sal weer gesels na die hofsaak, want ons kan nie nou enige verdere uitsprake lewer nie.”

Die hofsaak Die skorsings van Dawid Kamfer en ander lede is tydens die verkiesing bespreek.

Aan die een kant is Kamfer, die provinsial­e leier van die party - wat ook as interim leier deur sy groep aangewys is wat, volgens Kamfer vir Jeffrey Donson, Kannaland-burgemeest­er, as president van Icosa geskors het.

Kamfer is egter nie meer Icosa se raadslid in die Mosselbaai Munisipale Raad nie. Op sy beurt, het Donson vir Kamfer ook geskors. Die hofsaak handel oor die heen-en-weer skorsery. Die saak is Vrydag 8 Desember, in die Kaapse hooggeregs­hof uitgestel.

Kamfer se regsvertee­nwoordiger, Stephen Kleynhans, het gevra vir meer tyd omdat die dokumente in die saak "baie lywig en gedetaille­erd is om in 'n kort tyd te bestudeer".

Jerald Andrews, prokureur vir Donson, het bevestig dat die partye ooreengeko­m het vir 'n latere hofdatum in Maart/April 2024.

 ?? Foto’s: Deon Meyer ?? Jeffrey Donson lewer sy toespraak pas nadat hy as president van Icosa herkies is.
Foto’s: Deon Meyer Jeffrey Donson lewer sy toespraak pas nadat hy as president van Icosa herkies is.
 ?? ?? Uitbundige kiesers vanuit die Vrystaat pas na die verkiesing­suitslae bekendgewo­rd het.
Uitbundige kiesers vanuit die Vrystaat pas na die verkiesing­suitslae bekendgewo­rd het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa