Oudtshoorn Courant

Karoodigte­r se ink droog nie op nie Moordslago­ffer die naweek in Dysselsdor­p begrawe

- LIEZL VAN NIEKERK LIEZL VAN NIEKERK

Bekende Karoodigte­r, Peet Vermaak, het onlangs nog 'n hoogtepunt in sy skryfloopb­aan bereik.

Gedurende 2023 het Malherbe Uitgewers 'n uitnodigin­g gerig aan digters om 10 gedigte te skryf vir publikasie in die Senior Groot Verseboek 2023. Na 'n streng keuringspr­oses is al 10 sy gedigte in die nuwe Senior Groot Verseboek 2023 opgeneem.

Dié bloemlesin­g, met gedigte van 69 digters, is onlangs deur Malherbe Uitgewers uitgegee.

Vermaak, wat onder Petrus J.S. Vermaak skryf, se debuutbund­el, Kambro Kind, het in 2019 verskyn.

"Ek is tans besig met my tweede bundel, Stemme uit die Hemel, wat onder meer gedigte oor die Karoo en Klein-Karoo bevat, maar ook handel oor die afsterwe van my ouers tydens Covid."

Dié bundel wat ook deur Malherbe Uitgewers uitgegee gaan word, sal in Februarie 2024 bekendgest­el word.

Volgens hom het hul dood 'n reuse-impak op sy lewe gehad en het hy hul dood verwerk deur juis daaroor te skryf.

"Met die bundel wil ek ook ander mense wat deur iets soortgelyk gaan probeer help. Dit is nie 'n maklike pad om te stap nie."

Vermaak sê hy het 'n Facebook-blad, Petrus JS Vermaak Digter & Skrywer, ook gestig. Hier publiseer hy van sy eie gedigte,

Juhandre Goliath (31), wat van die moord op Eddie Gertse in hegtenis geneem is, het vandag 13 Desember vir 'n borgtogaan­soek verskyn.

Gertse is op 3 Desember met 'n bottelkop gesteek na hy en Goliath na bewering in 'n onderonsie met mekaar was. Goliath is kort na die moord in hegtenis geneem.

Oudtshoorn Courant het verlede week berig dat daar beweer word dat die stryery tussen Gertse en Goliath glo oor 'n meisie gegaan het.

Edlin Gertse, Gertse se suster, sê dat die wonde oor haar broer se dood nog rou is.

"Hy word die naweek begrawe. Dit is steeds vir ons as familie bitter moeilik om te aanvaar dat hy so wreed moes sterf."

Volgens haar word hy Saterdag 16 Desember vanuit die Pinkster Protestant­e Kerk in Dysselsdor­p begrawe. Die diens word voorafgega­an met 'n diens by hul huis in Dysselsdor­p by die nuwe Asla-uitbreidin­g, huisnommer 2771. Na die kerkdiens sal die ter aarde bestelling plaasvind. maar deel hy ook sy reis ervaringe deur die Klein-Karoo.

"Ek neem foto's en doen onderhoude met mense en deel dit op die blad. Hieruit het ander geleenthed­e gekom en het radiostasi­es van sover as Namibië al my gedigte voorgelees. Die plasings op my digtersbla­d het reeds meer as 120 000 mense bereik."

Vermaak het egter nie by gedigte gestop nie en het nou sy hand aan 'n liefdesrom­an gewaag.

"Dit is 'n historiese liefdesrom­an wat tussen 1899 en 1902 in Prins Albert afspeel. Ek skets ondermeer aan die leser 'n prentjie oor hoe daardie area in die spesifieke era gelyk het."

Oor dié roman wil hy egter nog nie te veel sê, maar is hy definitief baie opgewonde.

"Ek weet dat veral mense wat Prins Albert goed ken en van daardie geweste af is sal kan aanklank vind met die boek, en selfs dalk hulself met tonele kan vereenselw­ig."

Gertse laat sy ma, drie susters, sy pa en 'n broer en twee kinders van onderskeid­elik vyf en twee jaar oud agter.

 ?? ?? Die bundels waarin Peet Vermaak se gedigte al verskyn het. In die middel is sy debuutbund­el, Kambro Kind.
Die bundels waarin Peet Vermaak se gedigte al verskyn het. In die middel is sy debuutbund­el, Kambro Kind.
 ?? ?? Peet Vermaak
Peet Vermaak
 ?? ?? Eddie Gertse
Eddie Gertse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa