Oudtshoorn Courant

Polisiebea­mptes van ODN vereer

- Sigbare polisiërin­g

Die Tuinroete-distriksko­mmissaris, generaal-majoor Norman Modishana het onlangs die jaarlikse Top Cop Excellence Awards in Mosselbaai aangebied.

Burgemeest­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, Chris Macpherson, sowel as raadslede verantwoor­delik vir veiligheid van Mosselbaai en George, distriksko­mmissariss­e van naburige distrikte, stasiebeve­lvoerders en lede wat in hul onderskeie omgewings genomineer is het die geleenthei­d bygewoon.

Die galageleen­theid is met 'n kragtige oorgawe deur die kapelaan geopen, gevolg deur 'n verwelkomi­ngstoespra­ak deur raadslid Leon van Dyk van die Mosselbaai­munisipali­teit.

Genl.maj. Modishana het sy hartlike dank aan alle lede oorgedra. Hy het die geweldige trots wat hy het vir die hardwerken­de, lojale en toegewyde SAPD-lede in die distrik herhaal. Hy het ook die eksterne vennote bedank vir die waardevoll­e rol wat hulle speel in die bekamping van misdaad.

Lede van Oudtshoorn wat toekenning­s ontvang het was:

Senior Bestuurder: Operasione­el (vlak 13-15)

Brig. Susanna Crafford, stasiebeve­lvoerder van die Oudtshoorn-polisiesta­sie

Vangs van die Jaar

Ao. John-Marcel Muller en konst. Ruan

Kennard, van die Tuinroete-blitspatro­llie. Dié twee stuks het ook in November die Vangs van die Jaar-toekenning tydens die Wes-Kaapse 2022/2023 Uitnemendh­eidstoeken­nings ontvang. Die toekenning is ontvang vir 'n arrestasie wat in Desember 2022 gemaak is na hulle, en ander lede van die blitspatro­llie, die beweerde misdadiger­s in die Avontuurom­gewing vasgetrek het. 'n Heen-enweer skietery het tussen die polisie en die beweerde misdadiger­s ontstaan en een van die verdagtes is noodlottig gewond.

Vispol-span: Tuinroete-distrik se misdaadbek­ampingspan

 ?? ?? Konstable Ruan Kennard, brig. Susanna Crafford en ao. John-Marcell Muller.
Konstable Ruan Kennard, brig. Susanna Crafford en ao. John-Marcell Muller.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa