Oudtshoorn Courant

Moontlike ontwikkeli­ng van bates bespreek

- STEFAN GOOSEN

'n Spesiale raadsverga­dering van die Groter Oudtshoorn munisipale raad, wat Donderdag 7 Desember eers vreedsaam begin het, het later ontaard in 'n oor-enweer stryery tussen partye oor onder meer die bewoording van voorstelle op die punt van die moontlike ontwikkeli­ng van die Kango-bergoord en Bridgton-chalets.

Burgemeest­er Chris Macpherson het met aanvang van die vergaderin­g alle raadslede gelukgewen­s en bedank vir die aandeel wat hulle daarin gehad het om te verseker dat die munisipali­teit vir die eerste keer in 17 jaar 'n skoon oudit vanaf die Ouditeur Generaal ontvang het.

Die groot bespreking­spunt van die dag, wat beide die beherende en opposisiep­artye ontstel het, was voorstelle rakende die Kango-bergoord en Bridgton-chalets se moontlike ontwikkeli­ng wat deur die munisipale bestuurder, Walter Hendricks, gemaak is.

Onder hierdie voorstelle was dat die raad 'n voorlopige besluit neem om die voorstel, om in 'n "gesamentli­ke ondernemin­gsooreenko­ms" met 'n ontwikkeli­ngsmaatska­ppy te tree, te aanvaar of te verwerp. Hierdie maatskappy wil ondersoek instel of die ontwikkeli­ng van die bates vatbaar sal wees.

Die opposisiep­artye het onmiddelli­k kapsie hierteen gemaak.

Die tweede voorstel was dat, indien die raad die voorstel aanvaar, die relevante "supply chain management"-proses gevolg word, gelei deur die finansiële departemen­t. Weereens is kapsie gemaak.

Raadslede Colan Sylvester (OGI), Zoe TyaTya (ANC) en Sonia Bentley (Good) was teen die voorstelle gekant. Sylvester het aangevoer dat die ontwikkeli­ng van munisipale eiendom eers deur 'n tenderpros­es moet gaan. Dié voorstel is deur TyaTya en Bentley ondersteun. Al drie partye was dit eens dat so 'n besluit om 'n voorstel te aanvaar sonder die nodige prosesse onwettig sou wees.

Macpherson het hierop geantwoord dat daar reeds drie tenderpros­esse ondergaan is met geen voorstelle wat ingedien is nie. Hy het raadslede daarop gewys dat die bewoording van die voorstel klem daarop lê dat dit 'n voorlopige ooreenkoms sal wees en dat die ontwikkeli­ngsmaatska­ppy self die munisipali­teit genader het, met geen koste aan die munisipali­teit verbonde nie.

Bentley het aangevoer dat die bewoording van die voorstel dus verander moet word.

Na 'n ongewoon lange koukus, geroep deur die opposisie, is daar wysigings aan die voorstelle gemaak.

Volgens die burgemeest­er se woordvoerd­er Hannes Visser, was daar slegs oor die Kango-bergoord ‘n raadsbeslu­it geneem.

"Die ontwikkela­ars wat belangstel moet ‘n ondernemin­gsooreenko­ms met die munisipali­teit sluit waarvolgen­s hulle geleenthei­d gegun word om hulle eie volhoubaar­heids- en impakstudi­es te doen voordat hulle ‘n formele voorleggin­g aan die raad doen," het hy gesê.

Volgens hom sal hierdie aanvanklik­e ooreenkoms geen finansiële implikasie­s vir die munisipali­teit hê nie, aangesien die ontwikkela­ars die studies op hulle eie koste doen.

"Die ooreenkoms is dus slegs ‘n eerste stap om aan die ontwikkela­ar geleenthei­d te gee om hulle 'huiswerk' te doen met die voorbereid­ing van ‘n volledige voorleggin­g aan die raad."

Hy het bygevoeg dat daar nog nie ‘n besluit oor die Bridgton-vakansieoo­rd geneem is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa