Oudtshoorn Courant

Moordsaak teen pa en seun vir verhoor uitgestel

- GARNETT WICOMB

Die saak teen ‘n pa en seun van Bridgton, Oudtshoorn, wat van moord aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot 19 April 2024 uitgestel.

Koos Stuurman (46), wat 28 vorige veroordeli­ngs op sy rekord het, staan saam met sy seun, Stilero Roman (20), tereg op aanklag van moord op die 23-jarige JohnLee Johnson.

Johnson is glo op 30 Oktober 2021 in ‘n winkel in Dassieweg, Bridgton, deur Roman met ‘n mes in die nek gesteek nadat sy pa na bewering vir hom ‘n mes gegee en gesê het om Johnson te gaan doodsteek.

Oudtshoorn Courant het in 2021 berig dat Johnson se ma, Ingrid, gesê het dat daar glo die Saterdagaa­nd 'n stryery tussen 'n klomp mans in Dassieweg was.

"Daar was glo 'n jong man wat aangerand is, en daar was mense wat gedink het dat John-Lee betrokke is. Hy het nog persoonlik na die mense toe gegaan en gesê dat hy nie betrokke was nie, maar hulle het hom nie geglo nie."

Volgens Ingrid was haar seun bang en wou hy ’n saak by die by Bongolethu­polisiesta­sie gaan lê en vir hulle sê dat daar mense is wat hom dreig, maar die hekke was gesluit en niemand het oopgemaak nie. John-Lee en sy suster se dogtertjie, Haydene Johnson (5), is later kafee toe en het die vermeende moordenaar hom, voor die dogtertjie, by die kafee, naby hulle huis gesteek. Volgens Ingrid het Johnson met die kleintjie huis toe gekom. Sy was ook vol bloed. Hy het op die sitkamer se vloer inmekaarge­sak en gesê dat hy gesteek is. Hy is kort daarna dood. Die hof het tydens Stuurman se borgtogaan­soek van die ondersoekb­eampte verneem dat Stuurman glo hande geklap het nadat sy seun, Johnson gesteek het.

Die vorige staatsaank­laer, Anzelle Laubscher, het geweier om ‘n pleitverdu­ideliking van Roman te aanvaar.

Hy het daarin onskuldig gepleit op die aanklag van moord en wel skuldig aan strafbare manslag. Die oorledene se familie was nie daarvoor te vinde nie. Staatsaank­laer, Hyron Goulding, het die hof verlede week meegedeel dat die ondersoek voltooi en saak verhoorger­eed is. Die saak dien voor streekland­dros Ntsoki Moni. Stuurman word aangehou terwyl Roman uit is op borgtog.

 ?? John-Lee Johnson ??
John-Lee Johnson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa