Wesbank-tennisspanne wen en verloor
Die twee mansligaspanne van die Wesbank-tennisklub het Saterdag gemengde sukses behaal in hul wedstryde in die kompetisie van die Eden-tennisvereniging.
Die A-span het in Knysna ‘n wegholoorwinning van 5 - 0 oor die tuisspan behaal terwyl die B-span in ‘n spannende wedstryd op hul tuisbane met
2 - 3 teen Pacaltsdorp vasgeval het.
Pacaltsdorp het die twee enkelspelwedstryde gewen toe Chad Stride en Vivian Lottering met Danie Steyl en Wilhelm Joubert afgereken het.
Wesbank het met oorwinnings in twee van die drie dubbelspelwedstryde die telling gelykop (2 - 2) gemaak.
Alles het daarna afgehang van die laaste dubbelspelwedstryd.
Braam America en Vivian Lottering het die eerste stel teen Pieter Schoeman en Wilhelm Joubert met 6 - 3 gewen, maar die tweede met 6 - 7 verloor nadat hulle met
5 - 2 voorgeloop het.
Schoeman en Joubert het egter in die beslissende stel te veel ongedwonge foute begaan en die hul opponente toegelaat om die stel met 6 - 4 en die wedstryd met 3 - 2 te beklink.
Die volledige uitslae is soos volg: Eersteliga:
Wesbank 5; Knysna 0.
Marcel Petzer k Cameron Sullivan 6 - 0, 6 - 0; Zander Petzer k Ayanda Notsinga 6 - 4, 6 - 1.
Josh Daniel en Jacques de Beer k Gert Beyleveld en Pietman Mosterd 6 - 2, 6 - 0; Marcel Petzer en Josh Daniel k Pietman Mostert en Cameron Sullivan 6 - 2, 6 - 1; Zander Petzer en Jacques de Beer k Gert Beyleveld en Ayanda Notsinga
Tweedeliga: Enkelspel Dubbelspel
Pacaltsdorp 3; Wesbank 2.
Enkelspel
Vivian Lottering k Wilhelm Joubert 6 - 1, 6 - 1; Chad Stride k Danie Steyl 6 - 4, 6 - 4.
Dubbelspel
Braam America en Calvin Lottering v/t André Gerber en Pieter Schoeman 6 - 4, 4 6, 6 - 7; Calvin Lottering en Chad Stride v/t Danie Steyl en André Gerber 4 - 6, 6 - 7; Braam America en Vivian Lottering k Pieter Schoeman en Wilhelm Joubert 6 - 4, 6 - 7, 6 - 4.