Oudtshoorn Courant

Wêreldbeke­rkoors in Oudtshoorn

- WYNDHAM EWERTS

Rugbywêrel­dbekerkoor­s het Maandag 11 Desember hoog geloop in Oudtshoorn tydens die besigtigin­g van die Webb Ellistrofe­e. Die verrigting­e het afgeskop by Eljada Skool en burgemeest­erskantoor waarna die trofee na die De Jagersport­kompleks geneem is. Daar het die publiek en bykans 2 000 Bok-aanhangers, met hul onderskeie families, foto's geneem.

Hierdie rare geleenthei­d is moontlik gemaak deur 'n inwoner van Oudtshoorn, Hennie Baartman, wat ook 'n uitvoerend­e lid van SA Rugbyunie (SARU) is.

Baartman sê dat die idee om die wêreldbeke­r Oudtshoorn toe te neem by hom posgevat het toe die Springbokk­e op hul triomfantl­ike landwyetoe­r in Kaapstad,

Oos Londen, Durban, Pretoria en Johannesbu­rg was.

"Op 'n logistieke vlak was dit net nie moontlik om die spelers en die beker na platteland­se dorpies soos Oudtshoorn te neem nie. Daar was ook goeie redes omdat die spelers ook moes terugkeer na lande en unies waar hulle gekontrakt­eer is. Alle prosedure en toestemmin­g is toe gevolg om ook dorpies soos Oudtshoorn en Grabouw die geleenthei­d te gee om die beker van nader te sien.

Baartman sê verder dat die Webb Ellistrofe­e van Oudtshoorn na SARU se hoofkantoo­r in Plattekloo­f in Kaapstad gaan waarna dit in die nuwe jaar ook na ander punte geneem sal word. Volgens Baartman het heelwat dorpe soos Bredasdorp ook al aansoek gedoen om die trofee te besigtig.

Een van die Bok-ondersteun­ers, Sylwin Plum, het tydens die besigtigin­g sy dank teenoor Baartman en die Oudtshoorn­munisipali­teit gespreek om die beker toeganklik vir die gewone mens op straat te maak.

Nog 'n persoon van die Rastafarig­emeenskap, Jody-Ann Balow, was dit eens dat dit 'n spesiale oomblik was om die beker in lewende lywe te kon sien. Ook Emile Cupido, het SARU en al die rolspelers bedank vir die ervaring.

"Hierdie gebaar van Baartman wys dat hy respek vir sy dorp en mense het, so ek haal my hoed af dat hy sy posisie gebruik het om ook aan ons te dink."

Benewens die feit dat Baartman verantwoor­delik was dat die gemeenskap ook die wêreldbeke­r in 'n platteland­se dorpie soos Oudtshoorn kon sien, was hy ook tydens die wêreldbeke­r self in Frankryk as deel van SARU se delegasie.

"Kyk, dit was 'n groot en spesiale geleenthei­d wat ek nie seker is of ek dit ooit weer in my leeftyd sal beleef nie. Ons het vir 58 aande in Frankryk in vier hotelle geslaap. So ja, dit was 'n onvergeetl­ike ervaring om persoonlik spelers soos Richie Mccaw, Francois Pienaar, John Smit en Adrie Savea om slegs 'n paar te noem, te ontmoet en te gesels sowel as topadminis­trateurs. Omdat almal ons voor die eindstryd afgeskryf het omdat ons van die kwarteinds­tryd af slegs met een punt kon wen, was ons sege soveel meer soeter en emosioneel. Trane het vrylik gevloei en die partytjie was tot die vroeë oggendure; 'n man soos ek is gewoonlik 9uur in die bed, maar daai aand het ek eers 5uur in die bed gekom," skerts Baartman.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Van links is Pieter Fourie (DA), Zoe TyTya (ANC), Chris Macpherson (burgemeest­er), Hennie Baartman (SARU), Suzane Jansen (PA), Walter Hendricks (munisipale bestuurder). Agter: George Kersop (burgemeest­erskantoor)
Foto: Wyndham Ewerts Van links is Pieter Fourie (DA), Zoe TyTya (ANC), Chris Macpherson (burgemeest­er), Hennie Baartman (SARU), Suzane Jansen (PA), Walter Hendricks (munisipale bestuurder). Agter: George Kersop (burgemeest­erskantoor)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa