Oudtshoorn Courant

Swart neem leisels oor

- LIEZL VAN NIEKERK

Eljada Nasorg vir Volwasse persone met Intellektu­ele Gestremdhe­de se nuwe bestuurder, Gerda Swart, het amptelik op 2 Januarie haar pos ingeneem.

Eljada Nasorgsent­rum, onder die vaandel van die Badisa-organisasi­e, sien om na volwassene­s met intellektu­ele gestremdhe­de.

Swart, 'n maatskapli­ke werker wat reeds 28 jaar diens agter haar rug het, het die week gesê dat sy baie opgewonde is oor haar nuwe uitdaging.

"Ek woon vir die afgelope 24 jaar in Oudtshoorn. My laaste pos as maatskapli­ke werker was by die WesKaapse onderwysde­partement. Ek het voor dit by die ACVV gewerk. Ek is regtig opgewonde om hier te werk. Dit is 'n ander uitdaging, en ek weet hier kan ek 'n verskil maak. Mev. Wilma Lemmer en ek ken mekaar darem al 'n geruime tyd. Sy het 'n geweldige goeie werk gedoen om die sentrum te bestuur. Om by haar oor te neem is 'n voorreg."

Lemmer het einde verlede jaar, na 14 jaar diens, afgetree. Volgens haar is daar tans 98 inwoners in Eljada Nasorg. "Dit is liewe mense met die mooiste harte. Hulle is altyd vriendelik en wil so graag 'n geselsie aanknoop. Ek weet ek gaan dit geniet om met hulle te werk."

Swart sê een van haar groot doelwitte by die sentrum is om meer vrywillige­rs betrokke te kry.

"Eljada Nasorg bly 'n nie-winsgewend­e organisasi­e wat regtig op borge en vrywillige­rs staat maak. Ek wens so mense kan meer hier betrokke word en sien presies wat dit is wat ons hier met die inwoners doen. Al kom lees hulle net vir die inwoners, of hou Bybelstudi­e met hulle. Vrywillige­rs hoef ook nie fisies betrokke te raak nie, maar kan dalk ook help met skenkings."

Volgens haar wil sy ook meer fokus plaas op die produkte wat die inwoners maak en verkoop.

"Ek weet byvoorbeel­d nie hoeveel mense bewus is van die kerse wat die inwoners maak nie. Ons verkoop dit by ons winkel, maar ons verhuur dit ook."

Swart sê indien enigiemand by die nasorg op 'n vrywillige basis betrokke wil raak kan hulle haar kontak.

"Dit kan op enige wyse wees. Of dit is om te kom lees, klere reg te maak, te help met borge, 'n verjaardag spesiaal te maak, eintlik enigiets sal dit werklik waardeer word."

Vrywillige­rs wat betrokke wil raak kan 'n e-pos stuur na gswart@etime.co.za

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Gerda Swart
Foto: Liezl van Niekerk Gerda Swart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa