Oudtshoorn Courant

Verdagte vrygelaat

- GARNETT WICOMB

Die 23-jarige vrou van Rose Valley op Oudtshoorn wat Saterdag 6 Januarie op ‘n klagte van moord in hegtenis geneem is, en Maandag in die Oudtshoorn-landdrosho­f sou verskyn, is vrygelaat.

Duwaine Tiemie (27) is op 6 Januarie in Rosebank doodgestee­k.

Die saak teen die verdagte was, volgens sers Christophe­r Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, as gevolg van tegniese probleme nie Maandag op die hofrol nie. Die vrou is vrygelaat en die ondersoek na die moord op die 27-jarige Tiemie word deur die polisie voortgesit.

Die Oudtshoorn Courant het berig dat daar na bewering 'n onderonsie by 'n woning tussen Tiemie en die moordverda­gte was.

Spies het in 'n verklaring gesê dat Tiemie twee steekwonde in sy rug opgedoen het.

"Hy het die toneel verlaat en ‘n paar meter verder van die toneel inmekaarge­sak. Hy is deur mediese personeel dood verklaar,” het Spies gesê.

Intussen het die organisasi­e Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC), onder leiding van gemeenskap­saktivis Leon Campher, vertel dat Tiemie ‘n 5-jarige kind agterlaat en hul misnoë oor die insident uitgespree­k.

“Omstandigh­ede rondom die moord is nog onbekend aan sy familie. Ek vra weer ons gemeenskap om in te skakel by ons groep, OCAC, sodat ons saam misdaad kan hokslaan. Misdaad vind binne ons gemeenskap plaas en dis waar dit gestop moet word. Leiers/geestelike leiers, kom asseblief laat ons hande vat. Ek vra vir voorbiddin­g vir Duwaine se familie en vriende en sal meer inligting met verloop van tyd verskaf,” het Campher se verklaring gelui.

Hy het ook gesê dat hulle 'n kransleggi­ng vir hom by sy ouerhuis gehou het.

 ?? ?? Duwaine Tiemie
Duwaine Tiemie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa